Nuus 09:00
BULLETIN 5 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die organisasie Defend Our Democracy vra organisasies en indiwidue om verkiesingswaarnemers te word
# Die UDM doen ‘n oproep om beter beskerming van die regte van LGBTQIA+ mense te midde van voortdurende diskriminasie
# En, tennis: Swiatek oorleef drie kampioenskapspunte en wen die Madrid-ope
# Die organisasie Defend Our Democracy vra organisasies en indiwidue om verkiesingswaarnemers te word, en by te dra tot die integriteit van die proses. Met 24 dae oor voor die verkiesing, word burgers aangemoedig om toesig te hou oor die proses. Zaakirah Vadi van die organisasie sê deur die Election Watch-veldtog wat in November begin het sal waarnemers regdeur die land op ‘n gedeelde toepassing terugvoer gee, en die beoordeling van verkiesingsintegriteit versterk:
In nóg verkiesingsnuusm spreek die UDM kommer uit oor die voortgesette diskriminasie teen LGBTQIA+ mense regoor Afrika. Die sekretaris-generaal, Yongama Zigebe, sê terwyl regs-erkenning vorder, duur diskriminasie voort. Kwessies soos sogenaamde regstellende verkragting en haatmisdade kom steeds voor. Zigebe sê die UDM vra ‘n LGBTQIA+ inklusiewe leerplan in skole om diversiteit en gemeenskapsdeelname aan te moedig:
# Die polisie en gevangenis-vakbond Popcru verwelkom die inhegtenisneming van twee verdagtes in die moord op konstabel Jairus Johua Govender op die N2 naby Scottburgh in KwaZulu-Natal. Die vakbond lig die skokkende tendens uit van aanvalle op wetstoepassers, met 92 lede wat in 2023 hulle lewens verloor het. Popcru beklemtoon die behoefte aan verbeterde sekerheidsmaatreëls en vra moorde op polisielede moet tot misdade teen die staat verklaar word. Die vakbond wil ook wetswysigings sien vir strenger strawwe teen oortreders.
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sien ‘n effense verbetering in die beskikbaarheid van kos in Gaza, maar waarsku hongersnood dreig steeds. Verteenwoordigers merk ‘n toename op in basiese voedsel, veral in die noorde, waar die toestand die ergste is. Die kos-situasie bly egter bedenklik, met mense wat nie geld het om kos te koop nie. Die bedreiging van hongersnood word vererger deur die vernietiging van plaaslike voedselproduksie in die oorlog.
#En, tennis: Iga Swiatek het gister wraak geneem nadat Aryna Sabalenka haar in verlede jaar se Madrid-ope geklop het. Sy het die wêreld se nommer twee-speler die loef afgesteek en haar eerste titel in die Spaanse hoofstad ingepalm na ‘n uitmergelende stryd van drie-uur en elf-minute. Swiatek was in die beslissende stel 1-3 agter en moes drie kampioenskapspunte afweer voor sy met 7-5, 4-6, 7-6 die beker kon lig. Swiatek het haar laaste agt agtereenvolgende eindstryde gewen en sluit aan by Elena Rybakina met 30 oorwinnings dié seisoen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….