Nuus 09:00
BULLETIN 10 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die SAKP sê sy ondersteuning vir die ANC in koalisie-gesprekke is nie vanselfsprekend nie
# Die Werkgewersvereniging verwerp die voorgestelde kwotas vir die indiensneming van buitelandse burgers
# En die VN waarsku die oorlog in Oekraïne raak meer onvoorspelbaar en gevaarlik
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party sê sy ondersteuning vir die ANC in koalisie-samesprekings is nie vanselfsprekend nie. Die SAKP, wat die eerste keer onafhanklik van die drieledige alliansie aan die verkiesing deelgeneem het, het 2,38-persent van die nasionale steun en 264 raadsetels gewen. Hy sal egter nie saam met die DA of die Vryheidsfront Plus in onbesliste rade werk nie. Hoofsekretaris Solly Mapaila sê hulle sal tydens koalisie-onderhandelings deur hul eie beginsels gelei word:
# Die adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding, Yusuf Cassim, vra die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente om dringend probleme te hanteer wat studente by verskeie instellings raak. Dit sluit in uitstaande toelaes vir persoonlike sorg, en Funza Lushaka-betalings aan studente van UNISA. By die Sentrale Universiteit van Tegnologie het 81 studente verkeerde kwalifikasie-kodes ontvang wat hulle befondsing en appèlaansoeke raak. Cassim sê wanneer studente vertragings met befondsing, administratiewe probleme of onsekerheid oor toelaes beleef, kan dit hul vermoë raak om met hul studies voort te gaan.
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het die voorgestelde Wysigingswetsontwerp op Indiensneming verwerp en gewaarsku kwotas vir buitelandse werkers sal ’n buitensporige administratiewe en finansiële las op ondernemings plaas. Die wetsontwerp bemagtig die Departement van Indiensneming en Arbeid om perke op die indiensneming van buitelandse werkers te stel, met boetes van tot ‘n miljoen-rand vir nie-voldoening. Gerhard Papenfus van NEASA sê werkloosheid word eerder veroorsaak deur swak onderwys, ondoeltreffende bestuur en korrupsie as deur immigrasie:
Nuus uit die buiteland:
# Die Verenigde Nasies sê burgerlike ongevalle in Oekraïne neem toe en humanitêre toestande verswak. In September is minstens 328 burgerlikes in Kiëf dood en twee-duisend-105 beseer – 85-persent meer as ‘n jaar vantevore. Die meeste burgerlike sterftes is in Kremenchuk, Izium en Kiëf aangeteken. Die VN se direkteur vir Europa en Sentraal-Asië, Kayoko Gotoh, sê alle aanvalle op burgerlikes en burgerlike infrastruktuur is ʼn skending van internasionale humanitêre wette en moet onmiddellik ophou:
# Rugby: Immanuel Feyi-Waboso en Tom Curry gaan die res van Engeland se Nasieskampioenskap misloop weens beserings. Feyi-Waboso het sy regterenkel beseer tydens Sondag se oorwinning van 45-22 oor Australië op Twickenham, wat Curry misgeloop het weens ‘n heupbesering wat hy tydens oefening opgedoen het. Hoofafrigter Steve Borthwick is ook sonder die senter Seb Atkinson, die voorspeler Ollie Chessum en die heelagter George Furbank vir Saterdag se wedstry teen Japan. Hulle behoort egter fiks te wees vir volgende naweek se kragmeting met Nieu-Seeland.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-37-sent teen die dollar, 18-rand-36-sent teen die euro en 22-rand teen die pond. Bitcoin verhandel teen 74-duisend-693-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-114-dollar-78-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 94-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….