Nuus 09:00
BULLETIN 8 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC hou vol hy is steeds die grootste party, omdanks steun van 30,91-persent in die verkiesing
# Malema vra die EFF, ANC, SAKP en MK-party om ‘n koalisie-regering te vorm
# En die Israelse president vra Gadi Eisenkot om ‘n regering te vorm
# Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die ANC bly die grootste politieke party in die land, nadat hy volstrekte oorwinnings in verskeie munisipaliteite tydens die 2026-plaaslikeregeringsverkiesings behaal het. In ‘n toespraak aan die media by die Verkiesingskommissie se Resultatesentrum in Midrand, Johannesburg, het Mbalula gesê die party het met 99-persent van die stemdistrikte reeds verklaar 30,91-persent van die nasionale stemme op hom verenig, . Hy sê die uitslae toon die ANC se voortgesette teenwoordigheid regoor die land aan, ondanks die veranderende politieke landskap:
Die EFF-leier, Julius Malema, het gevra dat die EFF, die ANC, die SAKP en die MK-party moet saamwerk en ‘n koalisie-regering vorm. Malema sê die ANC sal dalk selfs sy president, Cyril Ramaphosa, moet opoffer om die MK-party te akkommodeer as deel van ‘n moontlike koalisie-ooreenkoms. Terwyl hy die media by die OVK se uitslagsentrum in Midrand, Johannesburg, toegespreek het, het Malema gesê Suid-Afrika staan voor ‘n krisis, wat hy aan Ramaphosa se leierskap toeskryf:
# Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula het egter Malema gekritiseer oor sy uitlatings. Mbalula het ook beswaar gemaak teen Malema se oproep vir die verwydering van president Cyril Ramaphosa. Hy het die kommentaar as onvanpas bestempel en gesê dit spreek nie die werklike kwessies aan nie:
# ‘n Studie wat deur ActionAid Tanzanië in tien Afrikalande uitgevoer is, beklemtoon die belangrikheid van volhoubare landbou vir die versterking van voedselsekerheid, die uitbreiding van markte en die bou van veerkragtigheid. Die studie het Kenia, Uganda, Tanzanië, Ethiopië, Zambië, Zimbabwe, Nigerië, Ghana, Gambië en Malawi ingesluit. Die bevindinge beklemtoon die noodsaaklikheid daarvan om betroubare landbouproduksie te versterk, veerkragtigheid te verbeter en toegang tot voedsel uit te brei ten einde voedselsekerheid te bevorder. Die studie wys op die belangrikheid van diverse diëte, veiliger voedsel en gesonde ekosisteme.
# Israel se president, Isaac Herzog, het Gadi Eisenkot, premier Benjamin Netanyahu se sterkste teenstander, gevra om ‘n nuwe regering te probeer vorm. Dit volg op ‘n verkiesing waartydens geen van die kandidate ‘n volstrekte meerderheid verkry het nie. Netanyahu, Israel se langsdienende leier, veg om aan bewind te bly na sy godsdienstig-nasionalistiese koalisie sy meerderheid in die verkiesing op 27 Oktober verloor het. Daar word verwag dat weke van langdurige onderhandelinge nou sal volg. Eisenkot het 28 dae om ‘n regering saam te stel, met ‘n moontlike verlenging van 14 dae.
# En tennis: Carlos Alcaraz kom vnamiddag in die eindstryd van die Parys-meesters op die La Défense Arena buite Parys teen die Amerikaner Ben Shelton te staan, nadat hy die Noorweër Casper Ruud in die halfeindstryd geklop het. Alcaraz sê ‘n wedstryd teen die wêreld-nommer-vier is een van die beste uitdagings in tennis. Shelton het sy plek in die eindstryd verseker deur die Fransman Luca Van Assche te verslaan. Die eindstryd sal hul eerste ontmoeting wees sedert Shelton vir Alcaraz vroeër vanjaar in die kwarteindstryd van die Amerikaanse Ope uitgeskakel het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….