Nuus 09:00
BULLETIN 5 November 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Met 12-persent van stemme getel, loop die DA voor in Gauteng en die MK-party in KZN
# Die MK-party herbevestig sy sterk standpunt oor onwettige immigrasie
# En Trump sê die oorlog in Iran is grootliks die rede vir die Republikeine se verliese
# Ongeveer 12-persent van die stemme is in twee-duisend-911 stemdistrikte getel. In Gauteng is 4,9-persent van die stemme bevestig, met die DA wat voorloop gevolg deur die ANC en ActionSA. In die Wes-Kaap, ‘n DA-vesting, is die party voor met 18,19-persent van die verklaarde stemme, gevolg deur die Patriotic Alliance en die ANC. In nog ‘n provinsie waar daar fel meegeding word, KwaZulu-Natal, loop die MK-party voor met 5,6-persent van die stemme getel, gevolg deur die ANC en die IFP. In die Oos-Kaap is 22-persent van die stemme bevestig, met die ANC wat voorloop.
Adjunkpresident Paul Mashatile sê intussen raadslede wat in die plaaslikeregeringsverkiesing verkies is, moet voorkeur gee aan gemeenskappe se behoeftes en kommer oor persoonlike belange. Suid-Afrikaners het gister gestem om verteenwoordigers vir munisipale rade te kies. Die gekose raadslede sal verantwoordelik wees vir die verbetering van gemeenskappe, dienslewering, bekragtiging van verordeninge en toesig oor die instelling daarvan. Mashatile sê raadslede moet op beter dienslewering fokus:
# Die MK-party sê onwettige en ongedokumenteerde buitelandse burgers moet Suid-Afrika verlaat, terwyl diegene wat wettig in die land is, ‘n kans gegun moet word om hul immigrasiedokumente in orde te kry. In sy verkiesingsboodskap het die party ook onderneem om munisipale korrupsie te bekamp, meer werksgeleenthede vir swart vroue en jongmense te skep, en hoë munisipale belastings en tariewe te verlaag. Die MK onderneem om te fokus op die verbetering van water, elektrisiteit, paaie en sanitasie, terwyl munisipale leiers meer verantwoordbaar teenoor inwoners gemaak word.
# President Donald Trump van Amerika sê dis grootliks waar dat die Iran-oorlog brandstofpryse laat styg en bygedra het tot die Republikeine se verliese in die middeltermynverkiesing. Die Demokrate het die Senaat en Huis van Verteenwoordigers oortuigend by die Republikeine afgeneem. Visepresident JD Vance het in ‘n lang inskrywing op X gesê die oorlog teen Iran, lewenskoste en Amerika se verhouding met Israel is van die redes waarom die Republikeine verloor het. Trump sê hy het geen berou oor die oorlog nie:
# Soccer: Arsenal wat verlede seisoen tweede was, het ‘n 2-1 oorwinning teen Slavia Prague behaal om hulle onoorwonne begin in die groepfase van die Kampioene-liga te behou. Die vyftienmalige kampioene Real Madrid het teruggeveg om ‘n dramatiese 3-2 oorwinning teen AEK Athens te behaal. Die toernooi se nuweling, Como, het die grootste oorwinning ooit in die geskiedenis van die kompetisie geëwenaar deur Lens met 9-1 te verpletter. In ander wedstryde het Erling Haaland die wendoel vir Manchester City aangeteken om sy span met 3-2 teen RB Leipzig te laat wen terwyl Liverpool met 3-2 teen Fenerbahçe die spit afgebyt het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-33-sent teen die dollar, 18-rand-40-sent teen die euro en 22-rand-4-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 80-duisend-43-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-135-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 97-dollar-9-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….