Nuus 09:00
BULLETIN 26 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Lindiwe Zulu kritiseer die voorgestelde Amerikaanse Sanksiewetsontwerp
# Netanyahu en Trump het oënskynlik hul onderhandelinge met Hamas laat vaar
# En sokker: Ghana raap die bronsmedalje voor Banyana Banyana weg by die Afrikabeker-vrouetoernooi
# Lindiwe Zulu van die ANC het die voorgestelde Amerikaanse sanksiewetsontwerp teen ANC-leiers as ongelukkig beskryf. Dit volg nadat die Amerikaanse Buitelandse Sakekomitee die Wet op die Hersiening van Bilaterale Betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika met 34 stemme teen 16 aanvaar het. In ‘n onderhoud met SABC News het Zulu gevra vir dialoog en verwys na ANC-steun in die VSA. Sy sê dis belangrik om bilaterale bande tot wedersydse voordeel te beskerm:
# Ekonomiese ontleders sê die skikking van 6,3-miljard-rand in die Steinhoff-skandaal is ‘n belangrike stap om dit af te handel. Die Reserwebank het sy sewe jaar lange ondersoek afgesluit en die ooreenkoms met die opvolger Ibex Group as geregverdig bestempel. Die fondse gaan na die staat, met die opheffing van batebeperkings wat Ibex se afhandeling toelaat. Hoewel beleggersverliese nie ten volle aangespreek word nie, sê kenners help die stap om een van Suid-Afrika se grootste finansiële skandale op te los.
# Die DA het die regering van die Wes-Kaap gelukgewens met sy eerste mylpaal in die provinsie se program van energie-veerkragtigheid wat sy afhanklikheid van Eskom met tot 750-megawatt verminder het. Dít beskerm ondernemings en inwoners teen die impak van beurtkrag. Benedicta van Minnen van die DA sê hoewel kragopwekking nie ‘n provinsiale verantwoordelikheid is nie, is dit noodsaaklik om veerkragtigheid te bou vir ekonomiese groei en werksekerheid:
# Die Israelse eerste minister Benjamin Netanyahu en president Donald Trump het Vrydag oënskynlik die skietstilstand-onderhandelinge met Hamas in Gaza te laat vaar. Hulle het gesê dit is duidelik dat die Palestynse militante nie ‘n ooreenkoms wil hê nie. Reuters berig Netanyahu sê Israel oorweeg nou “alternatiewe” opsies om sy doelwitte te bereik om sy gyselaars van Gaza huis toe te bring en die Hamas-bewind in die gebied te beëindig. Trump sê hy glo Hamas-leiers sal nou “gejag” word en dat Israel sy sake wil afhandel. Dit volg terwyl hongersnood versprei en die meeste van die bevolking haweloos is.
# En sportnuus:
# Sokker: Ghana het Suid-Afrika gister met strafdoele verslaan om die bronsmedalje by die Afrikabeker-vrouetoernooi met 4-3 te verower nadat die spanne binne die toegelate tyd een elk gelykop by die Stade Larbi Zaouli in Casablanca geëindig het. Nonhlanhla Mthandi het Suid-Afrika se doel in die 45ste minuut aangeteken, wat deur die Ghanese in die 68ste minuut beantwoord is. Sonder ekstra tyd is die wenner met ‘n strafskopstryd beslis. Dit was Suid-Afrika se vierde ontmoeting met die Black Queens in die toernooi.
# En swem: Veertien swemmers sal Suid-Afrika van môre af by die Wêreld-watersportkampioenskap in Singapoer verteenwoordig. Die enigste Suid-Afrikaner wat ‘n medalje op verlede jaar se Wêreld-swemkampioenskap gewen het, Pieter Coetzé, sal die land se aanslag lei nadat hy pas drie medaljes verower het op die Wêreld-universiteitspele. Erin Gallagher, ook van die Universiteit van Pretoria, sal deelneem aan die 50- en die 100-meter-vlinderslag, asook die 100-meter-vryslag. Kaylene Corbett en Rebecca Meder sal Suid-Afrika in die 200-meter-borsslag verteenwoordig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….