Nuus 09:00
BULLETIN 22 Oktober 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die VF Plus verwelkom die teenwig in die Mini-begroting
# Die MK-party sê die tydelike verligting op brandstofheffings is ‘n verkiesingsfoefie
# En die VSA beveel sy ambassadepersoneel en hul gesinne om Saoedi-Arabië te verlaat
# Die Vryheidsfront Plus sê ’n welkome teenwig in die mini-begroting is die belastinginkomste wat hoër as verwag was, asook die bestendiging van die begrotingstekort en die gepaardgaande staatskuld. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het ’n afwaartse hersiening van die regering se ekonomiese groeivoorspelling vir 2026 aangekondig, van die 1,6-persent wat in die Februarie-begroting voorspel is, na 1,2-persent. Die VF Plus sê dit is ’n bron van kommer dat die minister staatsbesteding verhoog het in reaksie op die onverwagse belastingmeevaller van 17-miljard-rand, in plaas daarvan om gebeurlikheidsreserwes op te bou.
Die MK-party sê intussen hy word nie gebluf deur die tydelike, onvolhoubare maatreëls in die Mini-begroting te midde van ‘n voortslepende ekonomiese krisis nie. ʼn Partywoordvoerder, Kwenza Madlala, sê die enigste aanvaarbare begroting moet werkskepping en ekonomiese groei bevorder. Hy sê die tydelike verlaging waar die dieselheffing met drie-rand en petrolheffing met een-rand-50-sent per liter verlaag word, is net ʼn siniese en blatante verkiesingsfoefie:
# Die Oos-Kaapse Gesondheidsdepartement ondersoek 111 gevalle van maagderm-siekte wat onder studente en personeel by die Rhodes Universiteit in Makhanda aangemeld is. Die betrokke persone het die afgelope naweek diarree, maagkrampe, naarheid en koors ontwikkel. Die departement se woordvoerder, Siyanda Manana, sê voorlopige watertoetse by die universiteit dui op besmetting en hoë vlakke koliform-tellings, die teenwoordigheid van E. coli, en lae chloor-vlakke:
Nuus uit die die buiteland:
# Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het nie-noodsaaklike personeel en familielede by sy ambassade en satellietkonsulate in Riaad, Saoedi-Arabië, beveel om die land te verlaat. Dit is te midde van toenemende aanvalle deur die Iran-gesteunde Houthi’s in Jemen. Woensdag het Saoedi-Arabië sewe hommeltuie onderskep, insluitend een wat die Shaybah-olieveld geteiken het, wat twee mense gedood het. Een persoon is dood en agt ander is beseer in ‘n aanval gister op die King Fahd Internasionale Lughawe. Die departement het ook ‘n veiligheidswaarskuwing vir Amerikaanse burgers in Saoedi-Arabië uitgereik.
# Sokker: Declan Rice het ‘n laat ‘n gelykmaker vir Arsenal aangeteken om vir ‘n twee-elk gelykop uitslag teen Bayern München in die Kampioeneliga in Duitsland te sorg. Eberechi Eze het die openingsdoel vir die Gunners aangeteken voor Harry Kane vir die gashere met sy tiende agtereenvolgende doel geslaag het. Bayern het toe ‘n strafskop gekry, wat Kane voor Rice se gelykmaker aangeteken het. Vyftienmalige kampioene Real Madrid het hul onoorwonne status voortgesit met ‘n 4-1-oorwinning teen Leipzig. Driemalige kampioene Manchester United is deur Como verneder en het met 4-1 verloor, terwyl Aston Villa Viking met 3-1 verslaan het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-39-sent teen die dollar, 18-rand-43-sent teen die euro en 21-rand-97-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 82-duisend-819-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-91-dollar-60-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 111-dollar-87-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….