Nuus 09:00
BULLETIN 25 Julie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu doen ‘n voorlegging oor die hernuwing van AGOA
# Die SABC se skuld kan tot onderbrekings in sy uitsendings lei
# En Macron sê Frankryk sal Palestina amptelik erken
# Die vakverbond Cosatu sê hy het sy voorlegging ter ondersteuning van die hernuwing van die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika aan die Amerikaanse handelsverteenwoordiger oorhandig. Die verhouding tussen Suid-Afrika en Amerika is op ‘n laagtepunt en dit wil voorkom of Suid-Afrika se insluiting by AGOA nie in September hernu gaan word nie. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê AGOA het nie net op die land nie, maar op die hele Afrika ʼn positiewe uitwerking:
# Die uitvoerende hoof van die SABC, Nomsa Chabeli, waarsku oor ’n moontlike algehele uitsendingonderbreking weens skuld aan Sentech. Chabeli het aan die parlement gesê, Sentech kan senders afskakel, wat TV- en radio-uitsendings dwarsdeur die land kan stop. Volgens My Broadband, blameer Chabeli verouderde sakemodelle, dalende inkomste uit lisensiefooie en die ‘n gebrek aan staatsteun. Sy sê om die SABC finansieël volhoubaar te maak, word wetlike en regulatoriese verandering vereis. Mediakenners sê die situasie is benard, en daar is geen befondsing vir inhoud, digitale opgradering of operasionele bedrywighede, nie.
# ActionSA in Gauteng sê hy neem met woede kennis van Ekurhuleni-burgemeester, Nkosindiphile Xhakaza, se jongste poging om die skuld vir die vaste elektrisiteitsbybetaling van 126-rand op die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika te pak. Die burgemeester beweer NERSA het die bybetaling voorgeskryf. ActionSA-woordvoerder Zwelithini Mtshali sê NERSA skryf nie munisipale tariewe voor nie; hulle keur goed wat munisipaliteite indien. Hy sê hulle eis die onmiddellike en permanente skrapping van die vaste bybetaling in alle Gautengse metro’s:
# President Emmanuel Macron sê Frankryk sal Palestina in September as ʼn staat erken en die eerste lid van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en G7-nasies word wat dit doen. Die Franse president sê hy hoop die besluit sal vrede in die Midde-Ooste bring. Macron voeg by die hoofsaak is om die oorlog in Gaza te beëindig en die burgerlike bevolking te red. Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê Frankryk se besluit beloon terreur en skep nog ʼn moontlike Iranse gevolmagtigde.
# Tennis: Die Brit, Emma Raducanu, is deur na die Washington Ope se kwarteindronde nadat sy die viermalige Grand Slam-wenner, Naomi Osaka van Japan, verslaan het. Die 22-jarige speler kom volgende teen die promotorskeuse, Maria Sakkari, te staan. Magdalena Frech van Pole het die 45-jarige Amerikaner Venus Williams, se terugkeer-toernooi beëindig. In die mansafdeling is die Rus, Daniil Medvedev, deur na sy agtste kwarteindronde van die seisoen met ʼn gemaklike oorwinning oor die Chinese kwalifiseerder, Wu Yibing. Die Amerikaners, Frances Tiafoe en Brandon Nakashima, is ook deur na die kwarteindronde.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-64-sent teen die dollar, 20-rand-71-sent teen die euro en 23-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 115-duisend-555-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-360-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-58-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….