Nuus 09:00
BULLETIN 5 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Binnelandse Sake se kantore sal op Saterdae oop wees voor die verkiesing
# ActionSA open ‘n strafsaak teen die MK-party
# En een van die wêreld se besigste seeroetes word gesluit nadat ‘n missiellanseerder foutief raak
# Die Departement van Binnelandse Sake se kantore sal van môre af, tot 25 Mei, elke Saterdag, van agtuur die oggend tot eenuur die middag oop wees, in aanloop tot die verkiesing. Dit is vir die afhaal van identiteitsdokumente, die afhandeling van nuwe aansoeke en die uitreiking van tydelike identiteitsertifikate. Die departement se woordvoerder, Siya Qoza, sê kantore sal ook uitdagings hanteer wat insluit duplikate, wysigings, regstellings en lewe-of-dood-kwessies met die vereiste stawende dokumente:
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding Blade Nzimande het die versekering gegee kwalifikasies van die vier Educor-instellings bly geldig en word erken ondanks die kansellering van hulle registrasie. Nzimande het beklemtoon kwalifikasies wat verdien is tydens die registrasie en uitfaseringstydperke is steeds geldig. Die ministerie en die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid sal seker maak studente kry hulle kwalifikasies, en sal steun gee aan studente wat geraak word. Hy het ook weer gesê die besluit om die registrasie te kanselleer van City Varsity, Damelin, Icesa City Campus en Lyceum-kollege bly van krag.
# ActionSA in Mpumalanga sê hy het ‘n saak geopen teen die uMkhonto weSizwe-party, vir oortreding van die Kieswet. Die MK-party word daarvan beskuldig dat hy ActionSA-verkiesingsplakkate in Mbombela gevandaliseer het. ActionSA se provinsiale premierskandidaat, Thoko Mashiane, sê dié opsetlike dade van wetteloosheid oortree nie net die Kieswet nie, maar ondermyn ook die beginsels van demokrasie en regverdige veldtog-voering:
# Die Deense owerhede het een van die wêreld se besigste skeepsroetes gesluit nadat ‘n missiel-lanseerder op ‘n vlootskip gebreek het. Die land se Nasionale Maritieme Owerheid het skepe gewaarsku om nie deur die Groot Belt-straat te vaar nie, terwyl die lugruim ook gesluit is. Die roete is die hooftoegang vir skepe tot die Baltiese See. Die weermag sê die probleem het ontstaan tydens ‘n verpligte toets waar die lanseerder aktiveer is en nie ge-deaktiveer kon word nie, wat die gevaar laat ontstaan van vallende missielstukke.
# Sokker: Liverpool loop weer voor in die Premierliga met twee punte ná sy oorwinning van 3-1 op Anfield oor Sheffield United wat gevaar loop om gerelegeer te word. Darwin Nunez het die Reds teen rustyd laat voorloop, waarna ‘n tuisdoel deur Conor Bradley vir die Blades dit gelykop gemaak het. ‘n Pragdoel deur Alexis Mac Allister het Liverpool weer laat voorloop, waarna Cody Gakpo in die 90ste minuut dit 3-1 vir Liverpool gemaak het. Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hulle het algeheel goed vertoon:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-73-sent teen die dollar, 20-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-651-dollar-8-sent. Die prys van goud is twee-duisend-279-dollar-8-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 90-dollar-92-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….