Nuus 09:00
BULLETIN 31 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fikile Mbalula sê ANC-lede moet vir ‘n verkiesingsoorwinning werk
# Die slagoffers van die Limpopo busongeluk se oorskot word na Botswana gerepatrieer
# En, president Ramaphosa woon die jaarlikse Paas-pelgrimstog in Moria by [KLANK]
# Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê lede van die party moet onthou hulle is in ‘n stryd om te verseker die party is suksesvol in die verkiesing. Mbalula het gister by die begrafnis van Keletileng Kelly Mathatha in Soshanguve, Gauteng, gepraat. Mathatha het in die kantoor van die sekretaris-generaal gewerk. Mbalula sê ANC-lede word nou met die moeilike taak van hernuwing gelaat:
# Die Padverkeersbestuurskorporasie doen ‘n beroep op groter samewerking van motoriste se kant om die aantal kinders wat op paaie beseer of gedood word, te verminder. ‘n Woordvoerder, Simon Zwane, sê volgens die Africa Brain Child-inisiatief se verslag het 96 uit 100 kinders onder 14 wat na ‘n ongeluk in hoësorg toegelaat word, matige tot ernstige kopbeserings opgedoen, want hulle het nie sitplekgordels gedra nie:
Botswana se minister van Buitelandse Sake, Lemogang Kwape, sê intussen sy regering werk saam met Suid-Afrikaanse owerhede om die oorskot van die slagoffers van die Limpopo-busongeluk te repatrieer. Vyf-en-veertig mense van Botswana is dood nadat die bus Donderdag op die R518 naby Mokopane van ‘n brug afgestort en in vlamme uitgebars het. Hulle was op pad na Moria vir die Paasbyeenkoms. Die enigste oorlewende, ‘n agtjarige meisie, sterk aan in ‘n hospitaal.
# Rugby: Die Springbok-vrouespan se hoofafrigter, Louis Koen, sê die span het aansienlike vordering gemaak op hulle Europese toer, wat met ‘n nederlaag teen Amerika in Londen geëindig het. Koen voeg by hulle moet insinkings in hulle spel in hoë-intensiteit situasies uitskakel. Die vroue het ‘n teleurstellende 38-17 nederlaag gely teen Amerika, wat ‘n paar maklike drieë in die wedstryd aangeteken het. Die toer het wel verlede naweek ‘n sege teen Spanje opgelewer. Die Vroue-Bokspan se volgende uitdaging is die Afrika-Vrouebekertoernooi in Madagaskar in Mei.
# En, president Cyril Ramaphosa het hom by duisende gelowiges aangesluit wat vandag die jaarlikse Paas-pelgrimstog by die St Engenas Sioniste Christenkerk se hoofkwartier in Moria, Limpopo, bywoon. Ramaphosa het op Goeie Vrydag die diens van die Eagle Christian-kerk in Bloemfontein bygewoon. Hy het ‘n beroep op kerke gedoen om te bid vir ‘n vreedsame verkiesing. Die president sê hy is nie besig om stemme te werf terwyl hy kerke die Paasnaweek besoek nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….