Nuus 09:00
LLETIN 26 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa beklemtoon die verhouding met die VSA is gebou op wedersydse respek en samewerking
# Business Leadership SA sê daar is geen vertroue in die regstelsel nie
# En die ontvoerde niggies van Noordwes is lewend gevind
# President Cyril Ramaphosa sê die robuuste verhouding tussen Amerika en Suid-Afrika is op wedersydse respek gebou. Ramaphosa het herbeklemtoon Suid-Afrika se nie-verbonde standpunt herbeklemtoon, en vra ir die bevordering van ‘n inklusiewe wêreldorde en konflikoplossing deur dialoog. Hy loof die sterk ekonomiese, politieke en maatskaplike bande met die VSA, veral in die stryd teen MIV en Vigs. Ramaphosa het ook gekyk na verhoudings wat onder die Wet op Groei- en Geleenthede in Afrika uitgebrei word, en verwelkom Amerika se deelname aan die billike energie-oordragvennootskap.
# Business Leadership South Africa sê daar is ‘n probleem met vertroue in die land rondom die doeltreffendheid van die regstelsel en dit belemmer beleggings. Daar was die afgelope week die geval van die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, wat te midde van ʼn korrupsie-ondersoek spesiale verlof geneem het. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê ʼn strafregtelike stelsel wat goed funksioneer moet ʼn rugsteun wees. Sy sê daar is egter min vertroue in die regstelsel weens die stryd om die groot getal mense wat by korrupsie betrek word, aan te keer.
# Die polisie in Noordwes het twee niggies van 17 en 19 jaar oud gevind nadat hulle vroeër die maand op pad na hul skool in Hartbeespoort ontvoer is. ‘n Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê Zahraa en Bataviya Mohammed is gisteraand lewend in ‘n huis by New Stands naby Winterveldt en Mabopane gevind. Hy sê ses verdagtes is vir ontvoering en afpersing in hegtenis geneem en sal eersdaags in die hof verskyn:
# Die Stad Johannesburg moedig inwoners aan om deel te neem aan vergaderings om die Geïntegreerde Ontwikkelingsprogram vir 2024/2025 op te stel. Die metro sê die vergaderings is daarop gemik om inwoners te betrek by talle diensleweringskwessies soos verordeninge, voorgestelde tariewe vir handelsdienste en die mediumtermyn-begroting. Die raad se speaker, Vusi Gumbi, sê die plan lig die metro se uitvoerende gesag in oor inwoners se behoeftes vir begrotingsdoeleindes en die toekenning van fondse aan entiteite vir dienslewering:
# Krieket: Virat Kohli se vertoning met die kolf het die Royal Challengers Bengaluru gelei tot sege van vier paaltjies oor die Punjab Kings in die Indiese Premierliga. Punjab is beperk tot 176 vir ses met Mohammed Siraj en Glenn Maxwell wat elkeen twee paaltjies platgetrek het. Kohli se 77 van 49 balle, en Dinesh Karthik en Mahipal Lomror se onoorwonne vennootskap van 48 lopies van net 18 balle, het RCB hul eerste oorwinning van die kompetisie besorg. Kohli sê hy is gelukkig om weer te speel:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-87 sent teen die dollar, 20-rand-46 sent teen die euro en 23-rand-86-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-568-dollar-25sent. Die prys van goud is twee-duisend-170-dollar-56-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….