Nuus 09:00
BULLETIN 19 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die GOOD Party sê R370 is nie genoeg vir ‘n Maatskaplike Noodverligtingstoelaag nie
# President Ramaphosa spreek vandag die Simposium vir Volhoubare Infrastruktuurontwikkeling toe
# En ‘n Israelse afvaardiging is op pad na Washington om kommer oor sy Rafah-aanval te bespreek
# Die GOOD Party sê die 20-rand-verhoging in die maatskaplike verligtingstoelaag tot 370-rand per maand is steeds te min. Die party maak in sy verkiesingsmanifes voorsiening vir ‘n basiese inkomstetoelaag van minstens 999-rand per maand vir alle werklose Suid-Afrikaners. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê maatskaplike sekerheid is nie ʼn geskenk of aalmoes nie, maar ʼn mensereg wat in die Handves van Menseregte vervat is:
# President Cyril Ramaphosa lewer vandag ‘n hoofrede by die Volhoubare Infrastruktuur-ontwikkeling-simposium in Kaapstad. Die twee-daagse geleentheid word deur die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur aangebied. Dit het ten doel om vennootskappe tussen die openbare en privaat sektore te bevorder, infrastruktuur-beleggingsgeleenthede te ondersoek en regulatoriese en beleidshervormings te bespreek. Die simposium sal die top 12 prioriteite vir infrastruktuur-projekte onthul, verstandhoudingsooreenkomste met sleutelbelanghebbendes fasiliteer, en die jongste inligting gee oor strategiese geïntegreerde projekte wat in die Staatskoerant afgekondig is.
# Die Stad Tshwane sê hy volg ʼn benadering van geen verdraagsaamheid teenoor mense wat met noodsaaklike infrastruktuur peuter nie, want dis ‘n misdaad. Dit volg nadat die klep wat die watervloei na die Ekangala- en Rethabiseng-gebied in Streek Sewe reguleer en beheer, beskadig is. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê dit lei tot ʼn daling in waterdruk en uiteindelik tot geen watervoorsiening in die gebied nie:
# Die Withuis sê Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het op aandrang van president Joe Biden ingestem om ‘n afvaardiging na Washington te stuur vir ‘n gesprek oor Amerika se kommer oor Israel se aanval op Rafah. Biden en Netanyahu het telefonies gepraat oor die rigting wat die oorlog met Hamas inslaan. Amerika se sekerheidsraadgewer, Jake Sullivan, sê ‘n militêre plan in Rafah is futiel sonder ‘n geïntegreerde humanitêre en politieke plan:
# Sokker: Nottingham Forest moes vier punte afstaan omdat hy die Engelse Premierliga se reëls vir winsgewendheid en volhoubaarheid oortree het. Die klub het erken hy het in 2022/2023 650-miljoen rand méér wins gemaak as wat die reëls bepaal. Die straf plaas Forest nou in die 18de plek en dus in die relegasie-sone, een punt minder as Luton wat na die 17de plek opskuif, met nog nege wedstryde oor. Forest, wat binne sewe dae teen die straf kan appelleer, sê hy is teleurgesteld. Hy sê dit is onaanvaarbaar omdat hy deurentyd goeie samewerking gegee het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-96-sent teen die dollar, 20-rand-63-sent teen die euro en 24-rand-13-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-608-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-161-dollar-21-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-70-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….