Nuus 09:00
BULLETIN 4 Augustus 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Hlabisa versoek Suid-Afrikaners om te registreer voor die aankondiging van die plaaslikeregeringsverkiesing
# Die GOOD-party beskuldig die Wes-Kaapse regering van leë beloftes oor behuising
# En Katar, Turkye en Egipte veroordeel Israel se voortdurende oortredings in Gaza
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, moedig alle Suid-Afrikaners wat kwalifiseer aan om te registreer en hul kieserregistrasie-besonderhede na te gaan voor die plaaslikeregeringsverkiesing se datum Vrydag afgekondig word. Tydens die laaste kieserregistrasie-naweek het 1,7-miljoen landsburgers óf registrasie-stasies besoek óf die aanlyn kieserregistrasie-portaal gebruik. Die departement se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, sê met die datum se afkondiging en publisering in die Staatskoerant sluit die kiesersrol vir die verkiesing:
# Die IVP sê die uitstekende opkoms tydens die laaste kieserregistrasienaweek toon Suid-Afrikaners bly vasbeslote om hul demokratiese stemreg uit te oefen. Meer as 1,7-miljoen landsburgers het die afgelope naweek met die OVK geskakel. Hiervan was 291-duisend-806 kiesers wat vir die eerste keer geregistreer het en meer as 1,5-miljoen kiesers wat hul registrasiebesonderhede bygewerk of bevestig het. Die IVP sê die doelwit is om elke stemgeregtigde kieser te bereik, veral jongmense en mense wat nog nooit vantevore gestem het nie. Die stem wat hulle gaan uitbring, gee hulle die mag en invloed om beter regering te eis.
# Die GOOD-party kritiseer die DA-geleide Wes-Kaapse regering en die Stad Kaapstad wat volgens hom herhaaldelik leë aankondigings maak oor bekostigbare behuising terwyl die leweringskoers daal. Die party se woordvoerder Mandilakhe Tshwete sê onder die DA is minder gesubsidieerde huise in die provinsie gelewer, met drie-duisend in 2024/2025. Sy sê die behuisingsagterstand staan op 680-duisend:
# Bemiddelaars Katar, Turkye en Egipte het voortgesette Israelse optrede in die Gazastrook veroordeel. Minstens 28 mense is sedert Vrydag in Israelse aanvalle in Gaza dood, nadat die VSA-geleide Vredesraad ‘n ooreenkoms aangekondig het om Hamas te ontwapen. Die militante groep het egter verklaar dat hulle die ooreenkoms slegs sal nakom indien Israel die aanvalle in Gaza staak. In ‘n gesamentlike verklaring het Katar, Turkye en Egipte die internasionale gemeenskap versoek om die nodige druk op Israel uit te oefen teneinde die wapenstilstandooreenkoms te eerbiedig.
# Fietsry: Die Sloween Tadej Pogacar, wat pas die Tour de France vir ‘n vyfde keer gewen het om die rekord te ewenaar, het sy deelname aan vanjaar se Vuelta a Espana vir die eerste keer in sewe jaar bevestig. Hy het in 2019 derde geëindig. Die 27-jarige beskryf sy vorige ervaring in Spanje as wonderlik en sê hy is lief vir die land en dis nou die regte tyd om terug te keer. Pogacar lei Team Emirates-XRG, wat uit agt ryers bestaan, in die toer wat op die 22ste begin en op 13 September eindig.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-51-sent teen die dollar, XX-rand-99-sent teen die euro en 22-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-765-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-57-dollar-99-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 88-dollar-78-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….