Nuus 09:00
BULLETIN 2 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Cele besoek Saldanhabaai-gemeenskap terwyl soektog na Joslin Smith voortduur
# Rand Water is uiters bekommerd oor munisipaliteite se stygende skuld
# En, die natuurlewe floreer op die Vergelegen-wynlandgoed
# Die minister van Polisie, Bheki Cele en die SAPD-bestuur onder leiding van die provinsiale Polisiekommissaris, Thembisile Patekile, ontmoet vandag die gemeenskap van Saldanhabaai aan die Weskus ná vals berigte oor die soektog na die vermiste Joslin Smith. ‘n Polisiewoordvoerder Lirandzu Themba sê die soektog en die ondersoek oor die dogtertjie se verdwyning duur voort:
# Die EFF-leier, Julius Malema, het regter John Hlophe verseker, hoewel die party niks het nie, hy op die party se steun kan reken. Malema het Hlophe gister in Kaapstad besoek en hom beskryf het as ‘n baanbreker van die regbank en ‘n intellektueel. Met verwysing na Hlophe se staat van beskuldiging wat op hande is, sê hy swart Afrika-beroepslui wat dit waag om die status quo uit te daag, word opsygestoot. Malema voeg by die EFF sal nooit stilbly terwyl ‘n Afrika-intellektueel vervolg word nie:
# Rand Water is uiters bekommerd oor die skerp styging in skuld van munisipaliteite wat versuim om hulle ooreenkomste vir grootmaatwater-aankope en reëlings vir skulddelging met Rand Water na te kom. Munisipaliteite skuld Rand Water tot nou ‘n opgehoopte drie-miljard-rand in agterstallige skuld, met Gautengse plaaslike owerhede wat twee-miljard-rand skuld; Mpumalanga-munisipaliteite wat een-miljard-rand skuld en dié in die Vrystaat minstens 63-miljoen-rand. ‘n Woordvoerder, Makenosi Maroo, sê die betaalpatroon van munisipaliteite het tot kommerwekkende vlakke versleg, wat die likiditeit, finansiële prestasie en volhoubaarheid van Rand Water bedreig:
# Tennis: Die Kruger-susters sal Suid-Afrika vandag in die dubbelspel-eindstryd van die WIPHOLD-internasionale toernooi in Pretoria verteenwoordig. Die dogters van die 1995 Wêreldbeker-wenner Springbok Ruben Kruger, Isabella en Zoe, het vroeër die week hul eersteronde-wedstryd gewen en na die titelwedstryd deurgedring toe hul teenstanders hulle aan die kwarteind- sowel as die halfeindronde onttrek het. Hulle sal teen die Russe Alina Charaeva en Ekaterina Reyngold te staan kom. In die enkelspel sal die topgekeurde Laura Pigossi van Brasilië en Hanne Vandewinkel van België sake uitspook om die titel.
# En, ten slotte: Die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset Wes vier op Wêreldnatuurlewedag die suksesvolle hervestiging van bontebokke, elande en seldsame kwaggas in sy natuurreservaat. Die landgoed, in die Kaapstad-metro, het gewys dit is ‘n ideale plek vir natuurlewe. Vergelegen se omgewingsbestuurder, Eben Olderwagen, sê die skaars kwagga, eland en bontebokke is nie slegs in ‘n uitstekende kondisie nie, maar hulle teel ook aan. Daar is nou sowat 95 bontebokke op die landgoed wat uit drie teeltroppe en alleenlopergroepe bestaan.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….