Nuus 09:00
BULLETIN 23 Februarie 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Saftu beskuldig Amplats dat hy werkers afdank om meer wins te maak
# Die Londense Marathon kondig gelyke prysgeld aan vir rolstoel- en nie-gestremde atlete
# En, die Odysseus is die eerste Amerikaanse ruimtetuig in meer as 50 jaar wat op die maan land
# Die Suid-Afrikaanse vakbondfederasie, Saftu, sê hy is sterk gekant teen die verwagte werksverliese by Anglo American Platinum. Amplats het ‘n Artikel 189A-proses aan die gang gesit wat waarskynlik tot die afdanking van drie-duisend-700 werkers gaan lei. Die maatskappy wil koste met vyf-miljard-rand verlaag. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê Amplats wil werkers afdank om wins te verhoog en dis onaanvaarbaar:
# Die South African Rainbow Alliance verwerp die Wysigingswetsontwerp op die Basiese Onderwys-wette, en noem dit die mees problematiese ANC-onderwyswetgewing sedert die einde van apartheid. Die party kritiseer die fokus op seksonderrig vir vyf-jariges, in plaas van aandag aan grondslagkwessies. Colleen Makhubele van SARA sê die voorgestelde veranderings sluit in om graad R die nuwe verpligte skoolaanvang te maak, die inkort van die magte van skoolbeheerliggame en die instel van ‘n verbod op lyfstraf. Sy sê die wetsontwerp sal ‘n negatiewe uitwerking hê op kinders, veral ‘n landelike en minderbevoorregte gebiede.
# Kaapstad se burgemeester Geordin Hill-Lewis het die besnoeiing van 540-miljoen-rand oor die volgende twee jaar in nasionale befondsing aan die stad, veroordeel. Dit is deel van uitgebreide besnoeiings wat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, Woensdag in sy begrotingsrede aangekondig het. Hill-Lewis sê Kaapstad sal nog 52-miljoen-rand minder ontvang as wat in verlede jaar se nasionale begrotingsrede voorspel is vir toelaes vir behuising, basiese dienste en die opknapping van informele nedersettings:
# Padwedlope: Die organiseerders van die Londense Marathon het aangekondig hy gaan die eerste ter wêreld word wat dieselfde prysgeld aanbied vir rolstoelgebruikers en gewone deelnemers. Die wenners van die elite wedlope vir nie-gestremde mans en vroue, en mans en vroue in rolstoele, sal almal 1,04-miljoen-rand ontvang. Die prysgeld vir tweede plek is net onder 568-duisend-rand, en die derde prys, 425-duisend. Die agtmalige rolstoelkampioen, David Weir van Brittanje, sê hy hoop ander byeenkomste sal dieselfde besluit neem. Die marathon vind op 21 April plaas.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-14-sent teen die dollar, 20-rand-73-sent teen die euro en 24-rand-25-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 51-duisend-128-dollar-41-sent. Die prys van goud is twee-duisend-en-25-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-25-sent per vat.
# En ten slotte, die privaat geboude ruimtetuig, Odysseus, het geskiedenis gemaak deur die eerste Amerikaanse ruimtetuig in meer as 50 jaar te word wat op die maan land. Die Odysseus gaan die omgewing rondom die maan se suidpool verken voor NASA se beplande bemande sending daarheen in 2026. Die ruimtetuig behoort aan Intuitive Machines in Houston, Texas. NASA se administrateur, Bill Nelson, beskryf die sending as ʼn triomf:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….