Nuus 08:00
BULLETIN 10 Februarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fase 6 beurtkrag word onbepaald ingestel
# ‘n Oproep word gedoen op die regering om skoolinfrastruktuur-agterstande aan te pak
# En, Krieket: Die eindstryd van die SA20 word vandag op ‘n volgepakte Nuweland-stadion beslis
# Fase 6-beurtkrag is vanoggend vir die eerste keer vanjaar ingestel, tot verdere kennisgewing. Volgens Eskom is twee opwekkingseenhede weer in gebruik geneem, maar twee ander eenhede is aan diens onttrek. Die kragvoorsiener sê die verhoogde beurtkrag is verder genoodsaak deur bergingsdamme wat aangevul moet word vir die week wat voorlê. Eskom sal enige veranderings onmiddellik aankondig.
# Equal Education het ‘n beroep op die regering gedoen om aandag te skenk aan die agterstande in skoolinfrastruktuur. Mahfouz Raffee van die organisasie sê dit is in ooreenstemming met president Cyril Ramaphosa wat tydens sy staatsrede beklemtoon het onderwys moet ‘n instrument word om gelykheid te skep. Raffee het aan eNCA gesê die regering het nie in die verlede sy beloftes oor hierdie aangeleentheid nagekom nie:
# Metrorail in die Wes-Kaap het kommer uitgespreek oor die toename in kabeldiefstal, wat gelei het tot kritieke spoorroetes ontwrigting en pendelaars vandeesweek gestrand gelaat is. Metrorail se bedryfsbestuurder, Raymond Maseko, het aan eNCA gesê, in weerwil van kabelvervangings, gaan diefstal ongebreideld voort, en word spoorinfrastruktuur en -bedrywighede ernstig geraak:
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Naledi Pandor, het onthul verhoogde sekerheidsmaatreëls is ingestel na beweerde intimidasie-pogings deur Israeliese intelligensie-agente. Dit volg nadat die regering besluit het om Israel van volksmoord aan te kla voor die Internasionale Geregshof. Pandor is bekommerd oor haar familie se veiligheid en haal boodskappe op sosiale media aan wat na haar kinders verwys. Sy sê egter die regering is vasberade om die aanklagte van volksmoord teen Israel voort te sit. Pandor het ‘n beroep gedoen vir standvastigheid teen intimidasietaktiek.
# En, laastens krieket: Die tweede seisoen van die SA20 word vanmiddag afgesluit wanneer die verdedigende kampioen, Sunriser Eastern Cape, teen Durban’s Super Giants speel in die eindstryd op ‘n volgepakte Nuweland in Kaapstad. Die Sunrisers het die rondomtalie-fase bo aan die punteleer geëindig en die Super Giants in die eerste kwalifiserende wedstryd uitgeskakel om na die eindstryd deur te dring. Durban’s Super Giants moes die tweede kwalifiseerder teen Joburg Super Kings wen om die eindronde te haal. Die hekke open om 2:30 en die aksie begin 5:30.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….