Nuus 08:00
BULLETIN 21 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê Suid-Afrika se Grondwet laat slegs die President toe om ministers aan te stel
# Eskom sê sy dieseluitgawes het met 85-persent gedaal
# En rugby: Die Bokke en Suid-Afrika se A-span wys hul staal
# Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê Suid-Afrika se Grondwet laat slegs die President toe om ministers in sy kabinet aan te stel. Ramaphosa het kommentaar gelewer nadat die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, aan hom geskryf en versoek het dat John Steenhuisen as minister van Landbou verwyder word om deur Willem Aucamp vervang te word. Ramaphosa het tydens die ANC se kieserregistrasieveldtog in KwaThema, Ekurhuleni gesê hy sal binnekort op die DA-voorstel reageer:
# Dit is dag twee van die kiesersregistrasienaweek en die Forum for South Africa vra meer deursigtigheid in verkiesingsprosesse, streng afdwinging teen verkiesingsbedrog en aanspreeklikheid op alle politieke vlakke. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, beklemtoon die ware toets van demokrasie lê nie in die gereedheid nie, maar in deelname en vertroue. Hy is diep bekommerd omdat meer as 70-persent van jongmense tussen 18- en 19-jaar-oud nog nie geregistreer het om te stem nie:
Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê intussen jongmense moet nie opsy staan en toekyk hoe volwassenes besluite neem wat hulle in die toekoms sal raak nie. Op die laaste dag van die stemregistrasie-naweek moedig Makaneta jongmense aan om op te staan en getel te word in die transformasie van Suid-Afrika:
# Eskom het ‘n reuse 85-persent daling in sy dieseluitgawes vir die huidige boekjaar aangekondig, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is danksy ‘n merkbare verbetering in energie-beskikbaarheid en minder onbeplande onderbrekings. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, sê dieselbesteding beloop tans 640,27-miljoen-rand teen ‘n gebruiksvlak van 1,30-persent vir die oopsiklus gasturbines, wat aansienlik laer is as die 4,515-miljard-rand wat oor dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is teen ‘n gebruiksvlak van 11,9-persent:
# En laastens rugbynuus:
# Die Springbokke het gister hul 2026 internasionale veldtog afgeskop met ‘n oortuigende oorwinning van 80-31 oor die Barbarians in Gqeberha. Die Springbokke het altesaam 12 drieë in die wedstryd gedruk met ‘n driekuns deur Edwill van der Merwe. Pieter-Steph du Toit, Jasper Wiese, Riley Norton, Cheslin Kolbe, JJ Kotze, Faf de Klerk, Jesse Kriel, Andre Esterhuizen en Zachary Porthen het elk ‘n drie bygevoeg, met Kolbe wat 9 drieë vir ‘n persoonlike bydrae van 23 punte aangeteken het. Andrew Kellaway het twee drieë vir die Barbarians gedruk, met Frank Molina, TJ Perenara en Virimi Vakatawa wat elk een bygevoeg het.
En in ‘n toonbeeld van talent het die Suid-Afrikaanse A-span Zimbabwe gister met 40-0 geklop het in die voorwedstryd van die Springbok-Barbarians-kragmeting. Die wedstryd het opnuut die talent in die land beklemtoon, maar is oorskadu deur ‘n rooikaart vir die jong losskakel Yaqeen Ahmed. Ten spyte van sy misstap, het Ahmed ‘n uitsonderlike openingsdrie gedruk en was hy een van die sterre van die dag. Markus Muller, Haashim Pead, Nico Steyn, Immy Khan en Jaco Williams het gesorg vir Suid-Afrika A se ander drieë.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….