Nuus 08:00
BULLETIN 2 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Paul Mashatile vra vir die bevordering van sosiale en ekonomiese geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners
# Minister Hlabisa sê kiesers moet die verkiesing gebruik om vir beter dienste te beding
# En president Ramaphosa erken Johannesburg se uitdagings
# Adjunkpresident Paul Mashatile het gevra vir sterker maatskaplike en ekonomiese geregtigheid om waardigheid en gelykheid vir alle Suid-Afrikaners te verseker. Mashatile het tydens ‘n Werkersdag-saamtrek in Limpopo werkers wat onder moeilike omstandighede vir regte geveg het, vereer. Hy het gevra vir ‘n regverdige Suid-Afrika waar arbeid gerespekteer word en werkers voordeel trek uit hul werk. Hy sê demokrasie sonder waardigheid sal nooit volledig wees nie:
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het burgers wat ontevrede is met swak dienslewering aangemoedig om die komende munisipale verkiesing te gebruik om verandering te bewerkstellig. Die verkiesing is vir 4 November 2026 geskeduleer en sal regoor die land rade verkies om dienslewering en ontwikkeling te dryf. Hy sê die verkiesing sal landsburgers die geleentheid gee om leiers te kies wat in staat is om munisipaliteite oor die volgende vyf jaar te verbeter:
# President Cyril Ramaphosa sê Johannesburg, soos baie ander stede in die land, het diensleweringsprobleme. Ramaphosa het by ‘n vergadering van die Uitgebreide Presidensiële Koördineringsraad gesê die regering vergader met belangrike rolspelers om oplossings te vind en die nodige hulp aan die stad te verskaf. Ingryping is gemik op voortslepende kwessies wat infrastruktuur, bestuur en dienslewering raak. Hy sê samewerking is noodsaaklik om bestendigheid te herstel, lewensomstandighede te verbeter en volhoubare ontwikkeling in Johannesburg te verseker:
# Die DA in Tshwane veroordeel die raad se verwerping van ‘n mosie dat bewerings uit die Madlanga-kommissie onafhanklik ondersoek word. Die DA-koukusleier in Tshwane, Cilliers Brink, beskuldig die ANC, ActionSA en EFF dat hulle oortredings wegsteek. Hy sê die bewerings voor die kommissie is ernstige aanklagte van politieke inmengery by tenders en verbreking van verkrygingskettings. Brink beskuldig die koalisie dat hy nie die waarheid wil ontbloot nie en korrupsie beskerm. Hy sê die party sal voortgaan om aan te dring dat die bewerings ondersoek word.
# ActionSA het ‘n uitspraak van die Hooggeregshof verwelkom wat dele van die Stad Kaapstad se 2025/2026-tariewe onwettig verklaar. Die uitspraak het bevind dat koste wat verband hou met skoonmaakheffings en vaste water- en riooltariewe ongeldig is. ActionSA het die DA-geleide administrasie gekritiseer en inwoners gewaarsku dat hulle nou regskoste in die gesig staar. Die party het die Stad versoek om nie te appelleer nie, maar om sy tariefstruktuur te hersien en bekostigbaarheid te prioritiseer. Hy sê die uitspraak is ‘n geleentheid om finansiële druk op huishoudings te verlig.
# En tennis: Wêreldnommer-een Jannik Sinner van Italië pak Alexander Zverev môremiddag in die eindstryd van die Madrid Ope. Sinner het die Fransman Arthur Fils gister verslaan, terwyl die tweemalige kampioen Zverev van Duitsland sy plek verseker het deur die ongekeurde Belg Alexander Blockx gisteraand in skoon stelle te klop. In die vroue-eindstryd vanmiddag, sal die Oekraïense ster Marta Kostyuk die 19-jarige Russies-gebore Mirra Andreeva, wat neutraal deelneem, sake uitspook. Andreeva het haar eerste WTA 1000-titel in die oog, terwyl Kostyuk ‘n geskiedkundige oorwinning vir haar tuisland wil hê.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….