Nuus 08:00
BULLETIN 11 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Sakeliga neem die geskil oor Gelyke Indiensnemingskwotas na die Konstitusionele Hof
# Die land se vervaardigingsuitset daal met 2,8-persent in Februarie
# En die NASA Artemis II-bemanning is veilig na ‘n oseaanlanding
# Sakeliga en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het hul saak teen Gelyke Indiensnemingskwotas na die Konstitusionele Hof geneem in ‘n finale poging om dringende verligting te kry. Die sakegroepe probeer om ‘n Laerhof beslissing om te keer wat geweier het om die nuwe regulasies op te skort. Die nuwe regulasies dwing maatskappye met 50 of meer werknemers, om streng ras- en geslagsaanstellingsdoelwitte toe te pas. Anton Meijer van Sakeliga meen die reëls kan swaar nakomingslaste op ondernemings plaas:
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula sê die party implementeer ‘n gestruktureerde plan om dienslewering, infrastruktuur en regeringsuitdagings deur middel van ‘n nasionale krisisbevelsentrum aan te spreek. Mbalula het verwys na die ontwikkelende verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en gesê raadslede en regeringsdepartemente moet op gemeenskapskwessies reageer. Mbalula het ook bevestig dat slegs goedgekeurde partykonferensies toegelaat sal word. Hy het bevestig takvergaderings vir kandidaatkeuring voor die 2026-plaaslike regeringsverkiesing het op 1 April onder streng riglyne begin.
# Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Februarie met 2,8-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar, hoofsaaklik gedryf deur dalings in voedsel, drank en papier en die uitgewersbedryf, en metaalverwante nywerhede. Oor die drie maande tot Februarie was produksie 20-persent laer, met die meeste vervaardigingsafdelings wat negatiewe groei aangeteken het. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê vervaardigingsverkope het effens met 0,3-persent in Februarie teenoor Januarie gestyg:
# Eskom het ‘n elektrisiteitstariefooreenkoms van 62-sent per kilowatt-uur met Samancor Chrome en Glencore-Merafe Chrome ferrokroomsmelters gesluit, as deel van ‘n nuwe prysbenadering vir energie-intensiewe gebruikers. Volgens die nutsmaatskappy is die ooreenkoms bedoel om sy finansies te verbeter, bestendige aanvraag te verseker en sleutelbedrywe te ondersteun. Die ooreenkoms verg steeds goedkeuring van die energiereguleerder, Nersa. Die woordvoerder van Eskom, Daphne Mokwena sê die plan sal help om werksgeleenthede te beskerm en meer buigsame pryse vir groot elektrisiteitsgebruikers oor die volgende vyf jaar moontlik te maak.
# NASA het bevestig dat die Artemis Twee-bemanning veilig is na ‘n suksesvolle oseaanlanding. Die ruimtetuig het volgens amptenare ‘n perfekte landing uitgevoer. Al vier bemanningslede het die kapsule verlaat en is volgens berigte in goeie gesondheid. Die sending is ‘n belangrike mylpaal in die voorbereidings vir toekomstige maanverkenning, aangesien NASA voortgaan met sy pogings om mense terug te vat maan toe onder die Artemis-program.
# En tennis: Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz het gister gemaklik na die Monte Carlo Meesters-halfeindronde deurgedring met ‘n 6-3, 6-0 oorwinning teen Alexander Bublik. Hy kom nou te staan teen die plaaslike ster Valentin Vacherot, wat Alex de Minaur getroef het om die eerste halfeind-kandidaat van Monte Carlo te word. Die wêreldnommer-een, Jannik Sinner, het sy reeks van Masters 1000-oorwinnings voortgesit deur Felix Auger-Aliassime in hul kwarteindstryd te verslaan. Sinner ontmoet nou Alexander Zverev, wat Joao Fonseca in ‘n drie-stel-riller geklop het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….