Nuus 08:00
BULLETIN 6 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Nuwe peiling toon net 33-persent van stemgeregtigde kiesers ondersteun die ANC
# Swaar Paasverkeer word op die land se hoofroetes verwag met mense wat terugkeer huis toe
# En, Donald Tru
# ‘n Nuwe Ipsos-peiling toon die ANC se steun onder stemgeregtigde kiesers in Suid-Afrika het tot nagenoeg 33-persent gedaal. Die opname beklemtoon die verskuiwende politieke sentiment op die vooraand van die plaaslike regeringsverkiesing, met die ANC se steun beduidend laer as die meerderheidsvlakke. Ontleders sê die uitslag weerspieël kiesersontevredenheid en is ‘n teken van ‘n meer mededingende verkiesingslandskap met ander partye wat om invloed meeding te midde van toenemende koalisiemoontlikhede.
# Die stigter van die Pad-etiekprojek, Lee Randall, het motoriste aangespoor om hierdie Paasnaweek etiese bestuursgewoontes aan te neem om padongelukke te verminder. Owerhede verskerp hul optrede teen bestuur onder die invloed. Randall het met Newzroom Afrika gepraat en verwelkom die verhoogde sigbare wetstoepassing, insluitend nagpatrollies, maar waarsku menslike gedrag bly ‘n gevaar. Sy beklemtoon die behoefte aan etiese bewusmaking en verbeterde padontwerp om algehele veiligheid te verbeter:
# Motoriste word gewaarsku oor swaar verkeer op sleutelroetes met reisigers wat terugkeer na die Paasvakansie. Aansienlike verkeersopeenhopings word verwag op die N3 tussen Gauteng en KwaZulu-Natal, die N1 noord na Gauteng, en die R71 vanaf Moria in Limpopo. Owerhede sê spitsverkeer word verwag voordat skole heropen met risiko’s soos moegheid, slegte weer en ongelukke. Bestuurders word aangemoedig om vooruit te beplan, nagreise te vermy en veilige volgafstande te handhaaf.
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta vra die Departement van Basiese Onderwys om die regte en waardigheid van swanger leerders te handhaaf. Hy sê skole moet inklusief bly en verseker swanger leerders word nie uitgesluit nie, want dit skend beleid en die Grondwet. Makaneta voeg by onderwysers moet ondersteun word met behoorlike opleiding en hulpbronne, en behoort nie die las alleen te dra om leerders se toegang tot onderwys te beskerm nie:
# Die Amerikaanse president Donald Trump het nog ‘n dreigement op sosiale media gemaak om Iran se kragsentrales en brûe te vernietig as hy nie sy Dinsdag-sperdatum nakom om die Straat van Hormoes te heropen nie. Trump se nuwe dreigement volg na die aankondiging dat die tweede bemanningslid van ‘n Amerikaanse vegvliegtuig wat oor Iran afgeskiet is, suksesvol gered is. Die VSA en Iran het albei gespook om die Amerikaanse soldaat in ‘n bergagtige deel van Iran op te spoor. Die vlieënier van die F-15 is gevind kort nadat die vliegtuig Vrydag afgeskiet is.
# En ten slotte, Rugby: Die voormalige Springbokspeler Franco Smith word genoem as moontlike hoofafrigter van Skotland na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië. Hy het breiersrolle vervul in die Vrystaat, Treviso in Italië en die Italiaanse nasionale span voor hy na Glasgow Warriors in Skotland verskuif het. Smith het die span gelei na ‘n Verenigde Rugbykampioenskaps-titel en die eindstryd van die Kampioenebeker, en hulle het die Bulle Saterdag verslaan in die kompetisie se ronde van 16. Skotland se huidige hoofafrigter, Gregor Townsend, word verbind met ‘n skuif na Newcastle Red Bulls volgende jaar.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….