Nuus 08:00
BULLETIN 28 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Paul Mashatile vra vir sterker handelsbande met China
# Gautrein betree ‘n nuwe fase
# En Johannesburg gaan geen begrafnisse en verassings oor Paasfees hou nie
# Adjunkpresident Paul Mashatile het ‘n beroep gedoen op sterker ekonomiese samewerking tussen Suid-Afrika en China met verhoogde beleggings in sleutelsektore om industrialisering, werkskepping en volhoubare groei te ondersteun. Hy het die Suid-Afrika-China Ekonomiese en Handelsforum in Kaapstad toegespreek. Mashatile sê China is steeds Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, met handel wat met 6,4-persent toegeneem het van 650-miljard-rand in 2024 tot bykans 690-miljard-rand in 2025:
Mashatile sê ook voortgesette besprekings rondom ‘n Vroeë-oesooreenkoms tussen China en Suid-Afrika kan daartoe lei dat sekere Suid-Afrikaanse uitvoere permanent van tariewe onthef word, onderhewig aan raadpleging in die doeane-unie. Mashatile het verskeie prioriteitssektore vir belegging geïdentifiseer, insluitend mineraalveredeling, hernubare en skoon energie, informasie en telekommunikasie, landbou en motorvervaardiging:
# Die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, sê die regering verskerp pogings om dienslewering te verbeter en werkloosheid die hoof te bied. Sy het tydens ‘n ontmoeting met president Cyril Ramaphosa by die Provinsiale Uitvoerende Raad in Mangaung, die behoefte aan gekoördineerde optrede beklemtoon en genoem dat meer as een-miljoen mense steeds werkloos is. Sy het na planne verwys om sektore soos hernubare energie, landbouverwerking en die digitale ekonomie te laat groei. Die Premier het weereens haar verbintenis tot die bou van veiliger, meer inklusiewe gemeenskappe bevestig:
# Die Gautrain het ‘n belangrike mylpaal bereik aan die einde van sy negentien-en-‘n-half jaar lange konsessie met die Bombela-konsessiemaatskappy. Dienste sal ononderbroke voortgaan onder ‘n oorblywende ooreenkoms met die Bombela-bedryfsmaatskappy, terwyl onderhandelings met die voorkeurbieër vir die volgende 15-jaar lange konsessie voltooi word. Gautrain se woordvoerder, Albi Modise, sê sedert 2010 het Gautrain 46-miljard-rand tot die Gautengse ekonomie bygedra, 245-duisend werksgeleenthede geskep en vervoergerigte ontwikkeling rondom stasie-spilpunte gedryf:
# Rugby: Die Direkteur van Rugby, John Dobson, het die Stormers se beginspan ingrypend geskommel vir vanaand se wedstryd teen Edinburgh in die Kaapstad-stadion. Die belangrikste verandering is Damian Willemse wat na die regtervleuel skuif om Warrick Gelant toe te laat om as heelagter terug te keer. Die voorry is heeltemal hersien met Ntuthuko Mchunu, André-Hugo Venter en Sazi Sandi, laasgenoemde wat vir sy 50ste toets uitdraf. Paul de Villiers en Ben-Jason Dixon is in die lostrio ingesluit om die skrum- krag te versterk.
# En ten slotte: Die Johannesburg gaan begrafnis- en verassingsdienste op Goeie Vrydag, 3 April, en Paasmaandag, 6 April, opskort. Jenny Moodley van die stad sê dienste sal beperk wees gedurende die openbare vakansiedae, hoewel Moslem-begrafnisse deur die Johannesburg Moslem-begrafnisvereniging sal voortgaan. Inwoners en begrafnisondernemers word versoek om versoeke voor die datums in te dien om te verseker dat reëlings getref word. Dienste sal soos gewoonlik hervat na die vakansiedae.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….