Nuus 08:00
BULLETIN 24 Maart 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sê NGV sal help om die gaping tussen openbare en privaat gesondheidsorg te oorbrug
# Die Appèlhof verwerp ’n poging om gelyke indiensnemingsteikens te stuit
# En vier gesoekte verdagtes is in ’n skietgeveg met die polisie doodgeskiet
# President Cyril Ramaphosa sê die openbare en privaat gesondheidsektore kan nie parallel bedryf word asof dit twee aparte nasies dien nie. Hy sê in sy weeklikse nuusbrief slegs 16-persent van die bevolking maak staat op privaat mediese sorg en in daardie stelsel word aansienlik meer per pasiënt bestee as in die openbare sektor wat die meerderheid moet hanteer. Ramaphosa sê pogings om die openbare sektor te versterk ter voorbereiding van die NGV sluit in die opknapping van fasiliteite, beter toegang tot medisyne en die instelling van digitale stelsels.
# Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het ‘n uitspraak deur die Appèlhof verwelkom wat ‘n appèl teen die regulasies vir gelyke indiensneming en vyfjaar-sektor numeriese teikens van die hand gewys. Die hof het geen rede gevind om die instelling van die wysigings, wat op 18 ekonomiese sektore van toepassing is, te keer nie. Meth sê die uitspraak bevestig dat die regulasies wettig is en gelykheid in die werkplek ondersteun, en vereis dat alle aangewese werkgewers aan die teikens moet voldoen en dit met hul jaarlikse gelyke indiensnemingsplanne moet belyn.
# Vier vermeende misdadigers is Maandag in Belair in Durban doodgeskiet in ‘n oor-en-weer-skietery met die polisie. Die misdadigers is in verband met ‘n reeks misdade gesoek, insluitend ontvoering en roof. Die polisiewoordvoerder van Kwazulu-Natal, Robert Netshiunda, sê daar word nog na ‘n vyfde verdagte gesoek wat tydens die skietery ontsnap het:
# President Donald Trump van Amerika hou vol Iran wil ‘n ooreenkoms sluit. Hy het gister gesê sy administrasie het baie goeie en produktiewe besprekings met Teheran gehad om vyandighede in die Midde-Ooste heeltemal te staak. Iran se ministerie van Buitelandse Sake sê egter daar is geen onderhandelinge tussen Teheran en Washington nie en beskuldig Trump dat hy die oliemarkte probeer manipuleer. Trump sê Iran het nog een kans op vrede:
# Rugby: Die Universiteit van Pretoria se Tuks het ʼn naelskraapse oorwinning van 27-24 oor die nuwelinge, Emeris, behaal en is nou boaan die Varsitybeker-ranglys. Die Universiteit van Johannesburg het die Sentrale Universiteit van Tegnologie met 29-13 verslaan. Die Universiteit van die Vrystaat se Shimlas het hul hoop om die halfeindronde te haal lewend gehou met ʼn 40-33 bonuspunt-oorwinning oor die verdedigende kampioene van Kaapstad, die Ikeys. Die Universiteit Stellenbosch se Maties spog met ʼn welverdiende 30-26 sege teen die Noordwes-universiteit se Arende.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-93-sent teen die dollar, 19-rand62-sent teen die euro en 22-rand-70-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-480-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-358-dollar-44-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 100-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….