Nuus 08:00
BULLETIN 14 Augustus 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fadiel Adams wil regstappe teen die Parlement doen vir laster
# Transnet maak sy spoorwegnetwerk oop vir groter private deelname
# En tennis: Ben Shelton en Iga Swiatek is die kampioene van die Kanadese Ope
# Die National Coloured Congress se leier, Fadiel Adams, sê hy die Parlement aankla van laster. Dit volg nadat die Parlement verklaar het sy rekords ondersteun nie Adams se bewerings voor die Madlanga-kommissie dat sy skootrekenaar stukkend was nie. Die Parlement sê hy het toegang tot ander toestelle gehad om sy werk te doen. Adams beweer sy skootrekenaarprobleme het verhoed dat hy sy antwoorde by die kommissie indien. Hy het aan eNCA gesê hy het van alles bewyse:
# Transnet is op soek na vennote uit die privaatsektor om Suid-Afrika se B-Netwerk spoorlyne van sowat nege-duisend-98-kilometer te herstel, bestuur en in stand te hou. Die regering het deur die Transnet Spoor Infrastruktuurbestuurder ‘n versoek om inligting publiseer waarin belangstellende partye genooi word om voorstelle vir vennootskapgeleenthede voor te lê. Die uitvoerende hoof van Infrastruktuurbestuur, Moshe Motlohi, sê die voorstel van geleenthede vir die privaatsektor om deel te word van die B-Netwerk, is ‘n ernstige stap om Suid-Afrika se vragvervoerstelsel te hervorm. Die inligting wat verkry word sal help om programme te ontwerp om die nasionale spoornetwerk te verbeter.
# Die Motorbedryf-personeelvereniging sê werkgewers moet strenger optree teen seksuele teistering in die werkplek. Ter viering van Vrouemaand vra die vakbond maatskappye om duidelike beleide aan te neem, personeel gereeld op te lei en te verseker slagoffers kan voorvalle veilig aanmeld sonder vrees vir vergelding. Phakamile Hlubi-Majola van MISA het werkplekke aangespoor om werknemers se waardigheid en veiligheid te beskerm en beslissend op te tree wanneer klagtes ingedien word:
# Amerika se minister van Finansies, Scott Bessent, sê hulle sal voortgaan om Iran ekonomies te isoleer en sy hawens te blokkeer. Verlede week het Amerika se Tesourie-departement se kantoor vir beheer oor buitelandse bates, sanksies ingestel op individue, beurse en maatskappye in verskeie lande wat beskuldig word dat hulle Iran se Shahr Bank help om in die geheim miljoene dollars te verskuif. Bessent sê hulle gaan maatreëls teen Iran toepas wat nog nooit in die geskiedenis van ekonomiese isolasie teen ‘n land gesien is nie:
# Tennis: Die vyfde gekeurde Ben Shelton het sy Kanadese Ope-kroon in Montreal suksesvol verdedig en sy tweede ATP Meesters 1000-titel opgeraap. Die Amerikaner het sy landgenoot, Brandon Nakashima, verslaan en die vierde man hierdie eeu geword om sy Kanadese titel suksesvol te verdedig. Die ander drie is Andy Murray, Novak Djokovic en Rafael Nadal. In die vroueafdeling in Toronto, het die Pool, Iga Swiatek, met die wêreld-nommer-twee, Elena Rybakina van Kasakstan afgereken om die Kanadese Ope te wen. Dis haar eerste titel van die seisoen en haar 12de WTA 1000-kroon.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-19-sent teen die dollar, 18-rand-67-sent teen die euro en 21-rand-84-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-482-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-324-dollar-59-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 89-dollar-32-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….