Nuus 08:00
BULLETIN 17 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Voormalige Steinhoff-direkteur is tronk toe gestuur vir bedrog van 376-miljoen-rand
# Die gure weer sal na verwagting geleidelik van Maandag af opklaar
# En krieket: MI Cape Town is gefokus op die uitspeelwedstryd na ‘n oorwinning oor Sunrisers Easter Cape
# Die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het voormalige Steinhoff at Work-direkteur, Iwan Peter Schelbert, tot vyf jaar regstreekse gevangenisstraf gevonnis vir bedrog van meer as 376-miljoen-rand. Schelbert het erken dat hy ‘n bedrieglike faktuur geskep het wat Steinhoff se finansiële state gelaai het. Dit is die derde Steinhoff-saak. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag sê die saak teen die oorblywende beskuldigdes, Hein Adendaal en Stephanus Johannes Grobler, sal op 6 Februarie hervat word:
# Die misdaadintelligensie-hoof van die polisie, Dumisani Khumalo, sê daar is geen bewyse wat voormalige polisieminister Bheki Cele verbind met beweerde betalings deur die sakeman Vusimusi “Cat” Matlala nie. Khumalo het voor die parlementêre ad hoc-komitee bewerings verwerp dat Cele 500-duisend-rand kontant ontvang het. Matlala beweer dat twee betalings in 2025 gemaak is, maar die polisie sê sy ondersoek staaf dit nie:
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê swaar reën en oorstromings in dele van Mpumalanga en Limpopo sal na verwagting geleidelik vanaf Maandag af opklaar, met meer stabiele toestande teen Dinsdag. Gebiede soos Nkomazi, Bosbokrand, Mbombela, Giyani, Tzaneen, Maruleng, Letaba en Collins Chabane bly steeds hoë risikogebiede, met vinnig vloeiende riviere, beskadigde paaie en ontheemde gemeenskappe. Weervoorspeller Lehlohonolo Thobela het inwoners aangespoor om rampbestuursriglyne te volg:
Die DA ondersteun intussen die verklaring van ’n ramptoestand in Limpopo na erge oorstromings in die Mopani- en Vhembe-distrikte. Die party doen egter ‘n beroep op streng toesig. Hy waarsku dat dringende herstelwerk aan paaie, brûe en noodsaaklike dienste deursigtig bestuur moet word om korrupsie te voorkom en doeltreffende herstel te verseker. Lindy Wilson van die DA dring daarop aan dat ‘n inter-regeringstaakspan gestig en ‘n onafhanklike ondersoek gedoen moet word om die vloedreaksie en heropbou te meet.
# Die regering verwelkom die Wêreldbank se verslag wat toon dat Suid-Afrika se ekonomie verlede jaar met 1,3-persent gegroei het. Die verslag skryf hierdie verbeterings toe aan meer betroubare elektrisiteitsvoorsiening, ‘n sterk landbou-oes en verhoogde sakevertroue. Die bank projekteer groei van 1,4-persent vanjaar en 1,5-persent volgende jaar, hoofsaaklik gedryf deur privaat verbruik, beleggings en voortgesette hervormings in energie en logistiek. Adjunkregeringswoordvoerder, William Baloyi, sê die vooruitsigte toon die hervormings begin werk:
# En krieket: MI Cape Town het gister hul SA20-hoop lewend gehou met ‘n opwindende oorwinning oor Sunrisers Easter Cape op Nuweland. Die gashere se oorwinning met drie paaltjies hou hulle in die wedloop vir ‘n uitspeelplek. Om dit te doen, sal hulle nog ‘n oorwinning Sondag teen Sunrisers op St George’s Park nodig hê. Die veelsydige Marco Jansen, wat 140 lopies gejaag het om te wen, het die tuisspan se openingskolwers vroeg uitgehaal, met mini-vennootskappe wat MI Cape Town gehelp om die oorwinning in die laaste boulbeurt met vier balle oor te verseker.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….