Nuus 08:00
BULLETIN 3 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa stel die nuwe Presidensiële Klimaatkommissie aan
# Die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê Ramaphosa kan nie Kaapse onafhanklikheid wegwens nie
# En rugby: SA Rugby gaan ‘n nasionale afrigtingsforum stig
# President Cyril Ramaphosa het die Presidensiële Klimaatkommissie van 25 lede vir die 2026/2030-termyn aangekondig, na aanleiding van openbare benoemings ingevolge die Wet op Klimaatsverandering van 2024. Die kommissarisse, insluitend Nasiphi Moya en Shaamela Soobramoney, bring kundigheid in klimaatbeleid, volhoubare ontwikkeling, energie en maatskaplike geregtigheid. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa het hulle aangespoor om bewysgebaseerde raad te gee en inklusiewe dialoog te fasiliteer om Suid-Afrika se billike oorgang en klimaatveerkragtige ekonomie te bevorder:
# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato sê die Departement van Binnelandse Sake en die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge sal help dat die hantering van migrante en asielsoekers die naweekglad verloop. Groter getalle mense word verwag om na Suid-Afrika terug te keer namate ná die spitsvakansieseisoen. Hy het by die Beitbridge-grenspos bevestig dat bykomende verwerkingsareas ingestel is om die verhoogde vloei van mense te bestuur:
# Die Kaapse Onafhanklikheidsparty het kennis geneem van president Cyril Ramaphosa se reaksie op ‘n EFF-parlementslid Mogale Mafika rakende ‘n referendum oor onafhanklikheid vir die Kaap. Frans Martins van CAPEXIT sê sy verwerping van selfs ‘n debat weerspieël ‘n gesentraliseerde denkwyse wat miljoene Suid-Afrikaners, veral die mense van die Wes-Kaap, in die steek laat. Hy sê wanneer ‘n sentrale regering nie veiligheid kan verseker en ekonomiese bestendigheid kan bied nie, is daardie streke geregtig om alternatiewe na te streef:
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, beklemtoon die behoefte aan opvoeding oor die oplossing van gesinsgeskille om moord in gesinne te verhoed. Dit volg op die noodlottige skietery van ‘n moeder, haar seun en twee dogters naby Mdweshule, Port Shepstone. Familielede het berig dat die gesin voorheen dreigemente ontvang het. In ‘n onderhoud met Newzroom Afrika versoek Ntuli die samelewing om gemeenskapsbetrokkenheid te versterk om kwesbare gesinne te beskerm en dringende maatskaplike kwessies aan te spreek.
# Sportnuus;
# Krieket: Die Protea-keurders het die 15 spelers vir die Mans T20 Wêreldbeker in Indië en Sri Lanka van 7 Februarie tot 8 Maart aangekondig. Aiden Markram sal die span aanvoer. Die nuwelinge Corbin Bosch, Dewald Brevis, Tony de Zorzi, Donovan Ferreira, George Linde, Kwena Maphaka en Jason Smith is ingesluit. Kagiso Rabada keer terug na die groep nadat hy die witbal-toer teen Indië weens ‘n besering misgeloop het. Die Proteas is in Groep D saam met Afghanistan, Kanada, Nieu-Seeland en die Verenigde Arabiese Emirate, en sal hul veldtog op 9 Februarie teen Kanada begin.
# En rugby: SA Rugby gaan ‘n nasionale afrigtingsforum stig om kommunikasie tussen nasionale afrigters en ook franchise- en provinsiale unie-afrigtingspersoneel te verdiep en te verbreed. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, bevestig dat SA Rugby die Springbok-afrigtingspersoneel ondersteun om spanne soos die Bulle en andere wat sulke samewerking mag versoek, by te staan deur ‘n klankbord te bied en idees uit te ruil. Alexander bevestig SA Rugby probeer om die afrigtingsforum in die nuwe jaar te stig om ondersteuning en samewerking met lede vas te lê.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….