Nuus 08:00
BULLETIN 15 November 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fikile Mbalula sê die G20-beraad sal deur alle lande behalwe die VSA word
# Jacob Zuma bevestig die skorsing van MK se adjunkpresident, hangende ‘n formele ondersoek
# En NUMSA verseker ’n bo-inflasie loonooreenkoms in die motorsektor
# ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die G20-leiersberaad volgende naweek sal deur alle lande behalwe die Verenigde State van Amerika bygewoon word. Mbalula het gepraat tydens die ANC se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Germiston, Ekurhuleni. Hy sê hoewel die VSA die werkgroepe bygewoon en daaraan deelgeneem het, sal hulle nie die leiersberaad bywoon nie:
# Die MK-partyleier en voormalige Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, het die voorsorgskorsing van die party se adjunkpresident, John Hlophe bevestig, hangende ‘n amptelike ondersoek. Zuma het met die party se parlementêre koukus vergader om eenheid te versterk en gedissiplineerde leierskap te verseker. Des van Rooyen is as waarnemende partyleier in die Parlement aangestel, terwyl hoofsweep Colleen Makhubele in haar rol bly. Sipho Tyira sê die MK-party bly bestendig en gefokus voor die plaaslike regeringsverkiesing:
# Die metaalwerkersvakbond Numsa het na oorlegpleging met lede, ‘n driejaarloonooreenkoms met werkgewers in die motorsektor onderteken wat geldig is tot 30 Junie 2028. Die Numsa-woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê die ooreenkoms sluit in ‘n sewe-persent-verhoging in jaar een, ‘n vyf persent- of verbruikersprysindeksverwante verhoging in jaar twee en drie, ‘n hoër vervoertoelaag, bepalings vir korttermynbetalings en ‘n eenmalige stakingsvrye uitbetaling van 12-duisend-500 rand vir alle werknemers:
# Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid doen ‘n beroep op die publiek om nie GLP-1 gewigsverliesprodukte te koop wat op sosiale media bemark word nie. Hierdie produkte word onwettig bemark en beweer valslik dat hulle deur SAHPRA of plaaslike apteke goedgekeur is. Die meeste word van China af ingevoer en kan skadelike bestanddele bevat. Verdagte verkope moet by SAHPRA aangemeld word. Yuven Gounden van die reguleerder sê geen mondelinge GLP-1-produkte is in Suid-Afrika goedgekeur nie, en mense moet slegs voorgeskrewe medisyne vanaf gelisensieerde apteke gebruik.
# Verskeie mense is dood en beseer toe ‘n bus gister teen ‘n bushalte in sentrale Stockholm gebots het. Die Sweedse polisie sê daar is geen inligting wat daarop dui dat dit ‘n aanval was nie. ‘n Woordvoerder van Stockholm se reddingsdienste sê daar was ses slagoffers, sonder om die aantal wat dood of beseer is te gee. Daar was geen passasiers op die bus tydens die voorval nie. Die busbestuurder is in hegtenis geneem en die voorval word ondersoek as onopsetlike manslag. Die polisie wou nie kommentaar lewer oor die aantal, geslag of ouderdomme van diegene wat dood of beseer is nie.
# En rugby: Die All Blacks-afrigter Scott Robertson sê hulle het geen probleem met ‘n uitdaging vir hulle tradisionele haka voor vanmiddag se toets teen Engeland nie. ‘n Groot kragmeting word op Twickenham verwag, met die gashere wat probeer om die besoekers te verslaan vir die eerste keer sedert die halfeindstryd van die Wêreldbeker in Japan in 2019. Voor verlede jaar se wedstryd by dieselfde stadion het die Engelse spelers gedurende die haka tot by die halflyn vorentoe beweeg, nadat hulle ses jaar gelede ‘n V-formasie in Tokio gevorm het. Robertson dring egter daarop aan dat enige uitdaging met respek gedoen moet word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….