Nuus 08:00
BULLETIN 23 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa herhaal Suid-Afrika se steun vir ‘n Palestynse staat
# SASSA waarsku begunstigdes teen bedrieglike toelaag-aansoekfooie
# En die Stad Tshwane is bekommerd oor toenemende waterverbruiksvlakke
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika herhaal sy standpunt dat ‘n aangrensende Palestynse staat volgens die 1967-grense geskep word wat vreedsaam saam het die Israelse staat bestaan. Hy het gister by die konferensie oor ʼn tweestaatoplossing gepraat by die 80ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Ramaphosa sê die sukses van ʼn tweestaatoplossing hang af van die volle en universele respek vir internasionale reg:
En Frankryk het intussen die jongste land geword wat amptelik ʼn Palestynse staat erken. Dit volg nadat internasionale druk teen Israel toeneem oor die humanitêre krisis in Gaza en die oprigting van nedersettings in die Wesoewer. België, Monaco, Malta, Luxemburg en Andorra het ook hul ondersteuning vir ʼn Palestynse staat verklaar tydens ʼn hoëvlakvergadering oor ʼn tweestaatoplossing in New York. Die Franse president Emmanuel Macron sê die erkenning van Palestyne se regte neem niks weg van Israel se regte nie.
# Die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap waarsku geen vergoeding word vereis vir sy dienste nie. Die woordvoerder, Andile Tshona, sê enigiemand wat betaling eis vir hulp met maatskaplike toelaagaansoeke tree bedrieglik op en moet onmiddellik by wetstoepassing aangegee word. Hy doen ‘n beroep op begunstigdes en die publiek om waaksaam te wees en om bedrieërs op straat of by hul huise te vermy:
# Die Stad Tshwane sê hy ervaar hoë watergebruik in talle gebiede en sommige reservoirs se watervlakke neem skerp af. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Frans Boshielo, sê Rand Water het 700-megaliter per dag toegeken, maar dis 22-persent meer as die metro se toegelate perk. He waarsku inwoners om water spaarsaam te gebruik om te keer dat die stelsel ineenstort en watertoevoer onderbreek:
# Sokker: Paris St-Germain en Frankryk se voorspeler, Ousmane Dembele, het sy eerste Ballon d’Or gewen. Die 28-jarige speler het die vorige PSG-seisoen 35 doele aangeteken toe sy span die Kampioeneliga, die liga-titel en die Franse Beker gewen het. PSG-bestuurder Luis Enrique is die afrigter van die jaar. Barcelona en Spanje se middelveldspeler, Aitana Bonmati, is die eerste vrou wat die Ballon d’Or drie agtereenvolgende jare wen. Engeland se afrigter, Sarina Wiegman, is aangewys as beste vroue-afrigter. Arsenal en PSG spog met toekennings vir die beste vroue- en mansklub van die jaar.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-34-sent teen die dollar, 20-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-43-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 112-duisend-425-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-742-dollar-62-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 65-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….