Nuus 08:00
BULLETIN 7 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# TLU SA sê eiendomsregte in Suid-Afrika het ‘n keerpunt bereik
# Die Israelse weermag beweeg verder in Gazastad in en waarsku inwoners die stad te verlaat
# En rugby: Rassie Erasmus is teleurgesteld in die Bokke
# Die landbou-organisasie TLU SA sê eiendomsregte in Suid-Afrika het ‘n kritieke keerpunt bereik. Bennie Van Zyl van TLU SA sê die ideologiese ontmaskering van president Cyril Ramaphosa se benadering tot die herverdeling van grond, soos onlangs in Harare onthul is, het die regering se geloofwaardigheid in hierdie saak onherroeplik skade berokken. Hy sê tydens die organisasie se kongres op 10 September sal TLU SA ‘n sterk standpunt inneem oor die krisis rakende eiendomsregte:
# Terwyl die land vandag die Polisie Nasionale Herdenkingsdag by die Uniegebou in Pretoria vier, sê die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie dat die verering van gevalle polisiebeamptes hand aan hand moet gaan met beslissende maatreëls om diegene wat steeds dien, te beskerm. POPCRU se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê vanjaar herdenk Suid-Afrika 27 SAPD-lede wat tussen April verlede jaar en Maart vanjaar geval het. Hy sê die bywoning van seremonies wat jaarliks name by die muur voeg, is nie genoeg nie:
# Die Stad Tshwane sê hy het die Noordwes-Behuisingskorporasie suksesvol verbied om stadseiendomme in Mabopane, noord van die stad, op te veil. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die stad het die Hooggeregshof in Pretoria genader nadat die korporasie ‘n advertensie geplaas het van ‘n grootmaat-verkoping van meer as 400 gemengde gebruikseiendomme op ‘n aanlyn veiling:
# Die ATM sê hy steun die inisiatiewe van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika heelhartig wat gemik is om sukkelende munisipaliteite regoor die land te red. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê dit is noodsaaklik dat Suid-Afrika die befondsingsmodelle prioritiseer wat spesifiek voorsien in die behoeftes van die voorheen benadeelde gemeenskappe, veral in landelike munisipaliteite. Hy sê ‘n omvattende en inklusiewe befondsingsbenadering is noodsaaklik vir hierdie munisipaliteite om te floreer:
# Die Israelse weermag het Palestyne in Gazastad gister gewaarsku om na die suide te beweeg voordat hulle ‘n toringblok bombardeer terwyl sy magte dieper beweeg in die streek se grootste stad. Israel is weke reeds besig met aanvalle op die noordelike voorstede nadat die Israelse premier Benjamin Netanyahu die weermag beveel het om Gazastad in te neem. Netanyahu sê Gazastad is ‘n Hamas-vesting en die inname is nodig om die Palestyn-Islamitiese militante te verslaan, wat die oorlog begin het met hul aanval op Israel in Oktober 2023.
# En rugby: Hoofafrigter Rassie Erasmus is gefrustreerd deur die Springbokke se foute in hul 24-17-nederlaag teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap-wedstryd op Edenpark gister. Suid-Afrika het vinnig teruggesak tot ‘n 14-0 agterstand ná drieë deur Emoni Narawa en Will Jordan. Die Bokke het hierna alles in die stryd gewerp maar kon nie die agterstand voor rustyd inhaal nie, met Handre Pollard wat slegs met ‘n strafskop in die eerste 40 minute geslaag het. Erasmus erken die maklike voorsprong van die All Blacks kon nie ingehaal word nie:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….