Nuus 08:00
BULLETIN 4 September 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Adjunk-nasionale kommissaris Sibiya gaan voor die Parlement se ondersoek na politieke moorde getuig
# Die MK-party veroordeel die oordrag van dossiere aan die Madlanga-kommissie
# En ten minste 15 mense is dood nadat Lissabon se beroemde Glória-kabelkar ontspoor
# Die adjunk- nasionale kommissaris van polisie, Shadrack Sibiya, gaan Woensdag voor ‘n parlementêre ad hoc-komitee verskyn. Dit volg na bewerings van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat senior politieke leiers ingemeng het met ondersoeke na politieke moorde. Sibiya, wat tans op spesiale verlof is, ontken die bewerings en daag die proses in die hof uit. Die komitee ondersoek bestuursgebreke binne die polisie en die breër regstelsel, en sal sy finale verslag in Oktober indien.
# Die MK-party beskuldig die regering daarvan dat hy by die polisie-ondersoek na politieke moorde inmeng. Dit volg na die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola en die waarnemende polisieminister Firoz Cachalia ooreengekom het om afskrifte van 121 dossiere van die KwaZulu-Natalse taakspan vir politieke moorde aan die Madlanga-kommissie van ondersoek te stuur. David Skosana van die MK-party sê dit is ‘n duidelike geval van die oorskryding van uitvoerende magte en magsmisbruik:
# Die burgemeester van Ekurhuleni Nkosindiphile Xhakaza sê die metro maak vordering met die versterking van sy finansiële posisie na hy die 2,1-miljard-rand se inkomste-tekort aangespreek het. Die metro se huidige bankbalans is byna 1,2-miljard en sy beleggingsrekening is nou 672-miljoen-rand sterk teenoor die vorige balans van 245-miljoen-rand. Xhakaza sê intussen ‘n interne dissiplinêre proses teen amptenare wat by vermiste fondse betrek word, is in ‘n gevorderde stadium:
# Minstens 15 mense is dood en 18 ander beseer na Lissabon se beroemde Glória-kabelspoor in Portugal ontspoor en neergestort het. Volgens berigte het ‘n kabel langs die spoorlyn se roete losgekom, wat veroorsaak het dat dit beheer verloor en teen ‘n nabygeleë gebou gebots het. Owerhede sê daar was buitelandse burgers onder die oorledenes, maar hulle nasionaliteite is nie bekendgemaak nie. Carris, die openbare vervoermaatskappy wat die Glória-kabelspoor bestuur, sê hulle het ‘n ondersoek van stapel gestuur. Portugal se regering het vandag as ‘n dag van nasionale rou verklaar.
# Gholf: Jacques de Villiers van Suid-Afrika het ‘n openingsronde van 63 geslaan om die voortou te neem saam met Joe Knox van Engeland op sewe onder baansyfer in die Sonskyntoer se Sunbet Challenge by die Wild Coast Sun-buiteklub in Port Edward. Albert Venter is twee houe agter die voorlopers en hulle naaste uitdager op 5 onder. De Villiers wat mik vir sy eerste Sonskyntoer-titel sê hy is in ‘n goeie posisie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-70-sent teen die dollar, 20-rand-63-sent teen die euro en 23-rand-76-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 111-duisend-377-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-527-dollar-5-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 67-dollar-5-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….