Nuus 08:00
BULLETIN 10 Januarie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA verwerp president Cyril Ramaphosa se misleidende bewerings oor maatskaplike toelaes
# ‘n Amerikaanse hof bevraagteken die beperkings van breë presidensiële immuniteit
# En sokker, Bafana Bafana se afrigter is bekommerd oor beserings in aanloop tot Afcon
# ActionSA sê hy verwerp die kwaadwillige en misleidende bewerings deur president Cyril Ramaphosa dat maatskaplike toelaes moontlik gestaak gaan word indien die ANC die mag in vanjaar se verkiesing verloor. Die president het Maandag in Mpumalanga gesê indien die ANC nie die meerderheidstem kry nie, sal die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente en ander maatskaplike toelaes moontlik geskrap word. Lerato Ngobeni van ActionSA sê hierdie tipe bangmaakpraatjies is tipies van die regerende party wat nou skaamteloos lieg om te keer dat hulle die verkiesing verloor:
# Die leier van die Vryheidsfront Plus, Pieter Groenewald, beskuldig die regering daarvan dat hy nie daaraan toegewy is om die diefstal van vuurwapens in sy eie geledere hok te slaan nie. Die party meen die antwoorde op sy navrae toon ligte strawwe vir staatsamptenare wat by die verlies van vuurwapens betrokke is. Vertragings met ondersoeke en beperkte voorkomende maatreëls binne die Departement van Verdediging is na bewering die hoofbydraers tot die probleem. Die VF Plus dring aan op ‘n meer kragdadige benadering, wat die erns van die kwessie onderstreep, veral in die lig van die regering se pogings om wettige private besit van vuurwapens te beperk.
# Gold One-myn in Springs, Ekurhuleni, hou vol dat hy die regte prosesse gevolg het om meer as 400 werkers af te dank wat in Oktober en Desember verlede jaar aan onwettige ondergrondse sitstakings deelgeneem het. Werkers het gestaak oor arbeidskwessies oor organisasieregte by die myn en meer as 500 stakende werkers het ondergronds gebly. Gold One-myn se woordvoerder, Ziyaad Hassam, sê afdanking is die ergste vorm van straf en word nie ligtelik geneem nie. Die Nasionale Unie van Mynwerkers sê hulle gaan die afdankings teenstaan.
# Drie regters in die Amerikaanse Appèlhof vir die Distrik van Colombia se rondgaande hof se paneel het die beperkings van ʼn breë aanspraak op presidensiële immuniteit bevraagteken. Dit volg nadat oudpresident Donald Trump aangevoer het hy kan nie vervolg word omdat hy die 2020-verkiesing probeer omkeer het nie, omdat hy opgetree het terwyl hy nog president was. Die regering se prokureur, James Pearce, waarsku as presidensiële immuniteit van vervolging toegelaat word, sal dit tot ʼn vloedgolf lei:
# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, het sy kommer uitgespreek oor talle beserings in die groep, in aanloop tot die Afrikanasies-beker in Ivoorkus. Talle spelers, insluitend kaptein Ronwen Williams en Themba Zwane, kon weens knaende beserings nie aan die span se laaste oefensessie deelneem nie. Die verdediger, Mothobi Mvala, se deelname is ook nog onseker ná ʼn liesbesering. Broos sê dit sal ʼn groot terugslag wees indien Mvala nie beskikbaar is vir Afcon nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 23-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 46-duisend-184-dollar-62-sent. Die prys van goud is twee-duisend-31-dollar-42-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 77-dollar-77-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….