Nuus 08:00
BULLETIN 4 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Parlement bring hulle aan Mabuza se nalatenskap van nederigheid
# ‘n Graad 10-leerder sterf nadat sy na bewering peuselhappies by ‘n spaza-winkel geëet het
# En rugby: Die tweede Springbok-toets teen Italië sal deur SABC2 uitgesaai word
# Die Parlement het die gewese adjunkpresident David Mabuza se erflating van nederigheid, diens en toewyding aan die ideale van Suid-Afrika se konstitusionele demokrasie geëer. Die 64-jarige Mabuza is gister na ‘n kort siekbed in ‘n hospitaal in Mpumalanga oorlede. Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê as adjunkpresident het Mabuza ‘n sleutelrol gespeel vir beter samewerking tussen die Parlement en die bestuur:
# ActionSA se president Herman Mashaba het sy medelye uitgespreek met die familie, vriende en geliefdes van voormalige adjunkpresident, David Mabuza, wat gister oorlede is. Hy sê Mabuza was ‘n belangrike figuur in Suid-Afrikaanse politiek en het die land in verskeie senior posisies gedien. Dit sluit in premier van Mpumalanga en adjunkpresident van die land. Mashaba sê Mabuza se bydraes en invloed strek oor dekades en laat ʼn blywende indruk op die land se demokratiese reis:
# Gauteng se LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, waarsku leerders, ouers en gemeenskapslede om waaksaam te wees wanneer hulle kos koop en nie by ongemagtigde koshandelaars te koop nie. Woordvoerder Steve Mabona sê dit volg na die tragiese dood van ʼn graad 10-leerder van die Orange Farm Secondary School wat dood is nadat sy volgens berigte kos by ʼn spazawinkel naby haar huis gekoop het:
# Die Amerikaanse Kongres het Donald Trump se omvattende belasting- en bestedingswetsontwerp aanvaar in ʼn betekenisvolle oorwinning vir die president en sy binnelandse agenda. Die Huis van Verteenwoordigers het die wetsontwerp gister aanvaar met 218 stemme teenoor 214. Die Senaat het dit met slegs een stem goedgekeur. Die Kongres se Begrotingskantoor beraam die wetsontwerp kan oor die volgende tien jaar meer as 57-duisend-miljard-rand by federale skuldvlakke voeg en miljoene sonder mediese dekking laat. Dit Withuis ontken dit egter. Trump sal die wet na verwagting vandag tydens ʼn seremonie bekragtig.
# Rugby: Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, SuperSport en die SABC het ʼn ooreenkoms tussen die twee mediahuise aangekondig dat die SABC die komende tweede toets tussen Suid-Afrika en Italië sal uitsaai. Die ooreenkoms gee erkenning aan die wedstryd se geskiedkundige aard. Dit is die 30ste herdenking van die Springbokke se oorwinning in die 1995-Rugbywêreldbeker en is deel van SARU se viering om hierdie geskiedkundige gebeurtenis te gedenk. Die wedstryd op 12 Julie sal regstreeks uitgesaai word op SABC 2, SABC-radiostasies en SuperSport.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-50-sent teen die dollar, 20-rand-60-sent teen die euro en 23-rand-90-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-344-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-334-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….