Nuus 08:00
BULLETIN 3 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# COSATU ondersteun die Wysigingswetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Reserwebank
# Sean ‘Diddy’ Combs word vrygespreek van die ernstigste aanklagte
# En Tennis: Lloyd Harris word uitgeskakel in die tweede ronde van Wimbledon
# Cosatu het sy voorlegging oor die Wysigingswetsontwerp op die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan die Parlement se Staande Komitee vir Finansies aangebied. Sy woordvoerder, Matthew Parks, sê dit maak voorsiening vir die staat om die enigste aandeelhouer in die bank te wees en om sy direkteure aan te stel. Hy sê Cosatu ondersteun die wetsontwerp omdat dit die Reserwebank se strukture van eienaarskap en leierskap in ooreenstemming wil bring met die norme van die wêreld se voorste industriële nywerheidsekonomieë:
# Die kantoor van die Belastingombud het die vrystelling van die Suid-Afrikaanse Inkomste Diens se konsepverslag oor die kaping van eFiling-profiele tot 31 August uitgestel. Die verslag wat Maandag bekend sou gemaak word, is vertraag na ‘n versoek van die inkomstedienskommissaris, Edward Kieswetter, vir meer tyd om op die verslag se bevindinge te reageer. Die verslag bevat blykbaar breedvoerige aanbevelings gemik op die beskerming van belastingbetalers en sekerheidsverbeterings van die platform. Die ombud sê die vertraging verseker deursigtigheid en regverdigheid. Die verslag sal kort na vrystelling vir openbare kommentaar vrygestel word.
# ‘n Agt-en-dertigjarige Zimbabwiër is op die R-572 naby Dongola Ranch in Limpopo vasgetrek en met een-miljoen-140-duisend-rand beboet omdat hy onwettige immigrante per bus vervoer het. ʼn Polisiewoordvoerder, Malesela Ledwaba, sê ʼn Zimbabwies-geregistreerde bus is op die R-521 voorgekeer, maar die bestuurder het probeer vlug. Die voertuig is suksesvol onderskep en wetstoepassers het 76 onwettige Zimbabwiese burgers aangekeer:
# Sean “Diddy” Combs is borgtog geweier nadat ʼn jurie hom skuldig bevind het op twee aanklagte van vervoer om by prostitusie betrokke te raak. Combs is vrygespreek van sameswering tot afpersing en sekshandel, maar hy kan steeds tot 20 jaar tronkstraf kry. Aanklaers beskuldig Combs dat hy en van sy naaste werknemers ʼn misdadige onderneming bedryf het en beweer hulle het dreigemente en geweld gebruik om vroue te dwing om betrokke te raak by dwelm-gedrewe seksuele aksies met manlike metgeselle. Combs se prokureurs sê die seksuele optrede was met toestemming en bloot voorkeure.
# Tennis: Die Rus, Andrey Rublev, het sy loopbaanrekord tot 4-0 verbeter toe hy gister in Wimbledon se tweede ronde die Suid-Afrikaner, Lloyd Harris, in hul mans-enkelspelwedstryd geklop het. Rublev het Harris met drie stelle teen een gewen om na die derde ronde deur te dring. Harris het die eerste stel met 6-7 gewen, maar Rublev het teruggeveg en geseëvier. Harris het die Belg, Zizou Bergs, in die eerste ronde verslaan. Die 28-jarige Suid-Afrikaner het in Oktober verlede jaar ʼn groot rugoperasie ondergaan.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-59 sent teen die dollar, 20-rand-75-sent teen die euro en 23-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-808-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-346-dollar-33 sent per fynons en die prys van Brent ruolie 68-dollar-18-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….