Nuus 08:00
BULLETIN 19 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA verwelkom Suid-Afrika se vordering om van die gryslys verwyder te word
# Cosatu dring aan op vinnige optrede om die brandstofprysverhoging in Julie te voorkom
# En Netanyahu sê Israel is verbind tot sy stryd teen Iran en Hamas
# Die DA verwelkom die Finansiële Taakspan se eenparige besluit om Suid-Afrika se vordering op te gradeer om die laaste twee hervormings toe te pas wat nodig is om van die gryslys verwyder te word. Die land het al 22 aanbevole items van die aksieplan afgehandel. Suid-Afrika is op die gryslys geplaas weens gebreke in sy finansieringsregime wat geldwassery en teen-terrorisme betref. ‘n DA-woordvoerder, Wendy Alexander, sê om van die gryslys verwyder te word en van dit af te bly, vereis volgehoue verandering en toepassing:
# Cosatu vra die regering om vinnig op te tree en ʼn brandstof-prysstyging in Julie af te weer. Die Sentrale Energiefonds se data in die middel van die maand toon ʼn skerp styging in wêreldwye oliepryse weens die oorlog in die Midde-Ooste wat die huidige verhaling in Suid-Afrika negatief raak. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê die regering moet dringende maatreëls instel om werkers en die ekonomie teen ʼn hoë prysstyging te beskerm:
# Die vakbond Numsa sê ʼn taakspan is aangestel ná uitgebreide onderhandelings met Denel se bestuur om ʼn volhoubare manier te vind om salarisverhogings te finansier. Vakbondlede het gister buite die Denel-hoofkantoor in Centurion betoog en eis ʼn salarisverhoging van sewe-persent. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê volgens Denel kan hy nie die salarisverhoging bekostig nie omdat dit op die lang termyn onvolhoubaar is:
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê die operasie om Iran se kern- en ballistiese missiele te vernietig, vorder terwyl Israel en Iran mekaar steeds aanval. Israel sê hy het militêre teikens in Teheran getref en Iran beweer hy vuur ballistiese missiele af op Israel. Netanyahu sê hulle is ook daartoe verbind om Hamas te verslaan en die res van die gyselaars in Gaza te bevry. Hy het president Donald Trump bedank vir sy ondersteuning.
# Rugby: Verskeie spelers kan hulle buiging vir Argentinië maak in môre se wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus in Dublin, Ierland. Die Leeus gebruik dit as voorbereiding van hulle toer na Australië, wat volgende naweek in Perth afskop teen Western Force. Drie nuwelinge – die haker Bautista Bernascone, die stut Boris Wegner en die skrumskakel Simon Benitez Cruz – is op die bank. Afrigter Felipe Contepomi besef die Leeus gaan ‘n groot uitdaging wees , maar het volle vertroue in sy groep onder aanvoering van die veteraan-haker Julian Montoya.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-3-sent teen die dollar, 20-rand-66-sent teen die euro en 24-rand-16-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 104-duisend-91-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-370-dollar-96-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 75-dollar-10-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….