Nuus 08:00
BULLETIN 10 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Motsoaledi sê die G20-gesondheidswerkgroep sal fokus op pandemievoorbereiding
# Sewehonderd Amerikaanse vlootsoldate is in Los Angeles ontplooi
# En atletiek: Marione Fourie en Benjamin Richardson beïndruk by die Continental Tour Gold-byeenkoms
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, lewer vandag die hoofrede by die eerste sessie van die vierde G20-Gesondheidswerkgroep in Gauteng. Afgevaardigdes sal moontlikhede ondersoek vir die oordrag van tegnologie, volhoubare finansiering, en regulatoriese belyning om billike toegang tot lewensreddende toerusting te verseker tydens mediese noodgevalle. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die vergadering vind plaas op ‘n belangrike tyd vir wêreldgesondheid omdat die wêreld probleme soos die moontlikheid van toekomstige pandemies en klimaatsverandering in die gesig staar:
# Die Landbouminister John Steenhuisen sê volgehoue regulatoriese vertragings, wisselvallige afdwinging en nie-tariefhindernisse belemmer Suid-Afrikaanse uitvoere. Hy het gister die eerste Total Mixed Ration-konferensie toegespreek. Die minister sê die land se uitvoer-sertifiseringsprosesse is dikwels te stadig en ontmoetings oor marktoegang is gefragmenteer. Steenhuisen sê sy departement gee voorkeur aan onderhandelinge wat tot nuwe markte lei, veral vir bees- en lamsvleis, en werk vinniger om belangrike streke se standaarde toe te pas. Dit sluit die Golf-state, die Europese Unie en Oos-Asië in.
# ‘n Twaalf-jarige seun wat van strafbare manslag aangekla word nadat hy in Brakpan, Gauteng bo-oor ‘n 14-jarige seun gery het sal op 28 Augustus weer in die hof verskyn. Hy het gister in die Landdroshof in Brakpan verskyn en die Hof sal nou besluit of hy strafregtelik verantwoordelik gehou kan word. Lumka Mahanjana van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê die seun is tans onder die toesig van sy ouers:
# Die Pentagon het bevestig dat hy 700 aktiewe-diens seesoldate in Los Angeles ontplooi om die federale reaksie op betogings teen immigrasieklopjagte en deportasies by te staan. Hy sê die seesoldate sal naatloos aansluit by sowat twee-duisend-100 soldate van die Nasionale Wag wat reeds ontplooi is om federale personeel en eiendom te beskerm. Los Angeles se burgemeester, Karen Bass, sê die federale regering gebruik die stad as ʼn proefneming:
# Atletiek: Die Suid-Afrikaner Marione Fourie het tweede geëindig na Nadine Visser van Nederland in die vroue se 100-meter hekkies by Wêreldatletiek se Continental Tour Gold-byeenkoms in Hengelo, Nederland. Pia Skrzyszowska van Pole was derde. In die mans se 100-meter is die Nederlander, Elvis Afrifa, eerste oor die wenstreep, met die Suid-Afrikaner Benjamin Richardson tweede en Henrik Larsson van Swede derde. Uganda se gouemedaljewenner by die Tokio Spele, Peruth Chemutai, het gemaklik gewen in die vroue se 3 000-meter hinderniswedren.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-72-sent teen die dollar, 20-rand-20-sent teen die euro en 23-rand-99-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 109-duisend-50-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-307-dollar-35-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 66-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….