Nuus 08:00
BULLETIN 4 Junie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Steenhuisen kondig grootskaalse voëlgriep-inenting aan
# Elf Gautengse polisiebeamptes is gedurende die eerste kwartaal vermoor
# En Donald Trump sê hy is teleurgesteld in Elon Musk se kritiek
# Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het die eerste massa-inenting van pluimvee in Suid-Afrika aangekondig om plaaslike pluimvee teen voëlgriep te beskerm. Vyftig dieregesondheid-tegnici is op kort kontrakte aangestel om met die inentingveldtog te help. Intussen sê Steenhuisen sy departement het ook 72-miljoen-rand se entstowwe by Botswana gekoop om bek-en-klouseer te bekamp. Hy sê dit sal KwaZulu-Natal dek, terwyl assessering en ondersoek na die uitbreking in Gauteng voortgaan:
# Die adjunkminister van Finansies, Ashor Sarupen, het die aanbevelings van die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling se opname verwelkom en sê Suid-Afrika werk reeds aan volhoubare staatsfinansies. Die opname is ‘n onafhanklike en internasionale portuur-evaluering van die land se makro-ekonomiese neigings, strukturele hervorming en beleidsprobleme. Dit stel onder andere voor dat die land strenger bestedingsbeheer toepas, bestedingsreëls verskerp en bestuur verbeter. Sarupen sê die staat beraadslaag tans oor opsies vir ʼn amptelike fiskale anker om sy finansies doeltreffender te bestuur.
# Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, het onthul dat elf polisiebeamptes in die eerste kwartaal van 2025 vermoor is. Een was aan diens en tien was van diens af. Die Valke lei die ondersoeke na die moorde. Mthombeni sê tot dusver is vyf verdagtes in verband met die moorde gearresteer en die polisie volg leidrade op om nog verdagtes aan te keer. Hy sê hulle sal onverpoosd werk om gemeenskappe veilig te hou.
# President Donald Trump sê hy is verras en teleurgesteld in Elon Musk nadat die miljardêr sy massiewe belasting- en bestedingswetsontwerp in die openbaar gekritiseer het. Musk het, wat Trump sy “groot, pragtige wetsontwerp” noem wat deur die Huis aanvaar is, sterk veroordeel en noem dit verregaande en ʼn gruwel. Die wetsontwerp sluit belastingverligting van duisend-miljarde dollar in. Trump sê Musk ken elke aspek van die wetsontwerp en het nooit teen enige iets beswaar gemaak nie:
# Tennis: Die wêreld-nommer-een Aryna Sabalenka van Belarus en die Amerikaner Coco Gauff gaan albei probeer om hul eerste Franse Ope-titel in te palm wanneer hulle Saterdag in die eindstryd kragte meet. Sabalenka het die viermalige kampioen Iga Swiatek van Pole verslaan terwyl Gauff die Franse promotorskeuse, Lois Boisson, se skitterende poging beëindig het. Sabalenka is die eerste vrou wat drie agtereenvolgende Grand Slam-eindwestryde haal sedert Serena Williams dit in 2016 reggekry het. Sy sê dit sal wonderlik wees om die trofee te wen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-74-sent teen die dollar, 20-rand-30-sent teen die euro teen 24-rand-8-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 102-duisend-346-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-366-dollar-79-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-89-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….