Nuus 08:00
BULLETIN 27 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF sê die verhoging in die brandstofheffing is ongrondwetlik
# Die Oos-Kaapse premier doen ‘n beroep op kalmte in Addo
# En ‘n man word gearresteer nadat hy met ‘n motor tussen Liverpool-ondersteuners injaag
# Die EFF het aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf en sê hy verwerp die voorgestelde inflasiegedrewe vier-persent-verhoging van die brandstofheffing. Die minister het verlede week in sy begrotingsrede aangekondig die prys van petrol styg van 4 Junie af met 16-sent per liter en die van diesel met 15-sent. Die EFF sê Nasionale Tesourie moes ander inkomstebronne gesoek het of ‘n fiskale stimuluspakket bekendgestel het. Hy sê die besluit om die brandstofheffing sonder ʼn Geldwetsontwerp ter tafel te lê, is ongrondwetlik.
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, lei vandag ‘n afvaardiging na die derde Pan-Afrikaanse Instellings- en Vennootskapskonferensie oor Water in Lusaka, Zambië. Die driedaagse byeenkoms, aangebied deur die Afrika-Unie, fokus op klimaatsveerkragtige watersekerheid. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê Majodina se deelname beklemtoon Suid-Afrika se verbintenis tot watergeregtigheid, Afrika-eenheid en volhoubare ontwikkeling in ooreenstemming met die AU se Agenda 2063 en Visie 2025:
# Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het kalmte gevra na dodelike gewelddadige aanvalle tussen buitelandse burgers en Suid-Afrikaners in Addo. Drie buitelanders is tydens wraakaanvalle in Addo vermoor ná ʼn gewelddadige betoging wat die naweek uitgebreek het na die moord op ʼn jong Suid-Afrikaanse man. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê geweld en wraak het geen plek in gemeenskappe nie en vererger dikwels verdeeldheid:
# Twee mense, insluitend ʼn kind, is ernstig beseer terwyl 27 na ʼn hospitaal geneem is nadat ʼn motor tussen skares ingeploeg het by die Liverpool-sokkerklub se Premierliga-parade in Engeland. Die vermeende bestuurder van die voertuig, ʼn 53-jarige Britse man, is gearresteer. Merseyside-polisie se Assistent-hoofkonstabel, Jenny Sims, sê vier mense, drie volwassenes en ʼn kind, moes onder die voertuig uitgehaal word:
# Tennis: Die Spanjaard Carlos Alcaraz het sy Franse Ope-titel tot dusver suksesvol verdedig toe hy die Italiaanse kwalifiseerder, Giulio Zeppieri, verslaan het om die tweede ronde te haal. Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner van Italië, het met die Fransman Arthur Rinderknech afgereken terwyl die 2021-finalis van Griekeland, Stefanos Tsitsipas, die Argentyn Tomas Martin Etcheverry verslaan het. In die vroueafdeling het die verdedigende kampioen van Pole, Iga Swiatek, die Slowaak, Rebecca Sramková, geklop. Die Brit, Emma Raducanu, en die Amerikaner Madison Keys het ook hul wedstryde gewen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-84-sent teen die dollar, 20-rand-34-sent teen die euro en 24-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 108-duisend-972-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-345-dollar-90-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-85-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….