Nuus 08:00
BULLETIN 25 Mei 8 vm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ATM sê ANC/DA koalisie het Suid-Afrika aan Elon Musk en Donald Trump uitverkoop
# AfriForum loof openbare en internasionale druk oor regeringsvoorstel vir verslapping van raskriteria vir Starlink
# En, Nege kinders van ‘n Gaza dokter dood in Israeli lugaanval
# Die ATM veroordeel ten sterkste wat hy noem die ANC/DA-koalisie se jongste daad van verraad teen die mense van Suid-Afrika. Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi het aangekondig dat die regering die 30 persent-vereiste vir swart ekonomiese bemagtiging sal verslap om die toetrede van Elon Musk se Starlink tot die Suid-Afrikaanse mark te vergemaklik. ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die koalisie het die aspirasies van swart Suid-Afrikaners uitverkoop om miljardêr-elites tevrede te stel:
Intussen het die burgerregte-organisasie, AfriForum, die voorstel in die Staatskoerant verwelkom. Woordvoerder Ernst van Zyl sê AfriForum is ‘n belangrike speler in die stryd om die streng rasse-hindernisse te verwyder wat Elon Musk se Starlink uit Suid-Afrika hou:
# ‘n Israeliese lugaanval op Gaza het die huis van ‘n pediater getref. Nege van haar tien kinders in in die aanval dood. Die Nasser-hospitaal in die stad Khan Younis waar sy werk, sê een van dokter Alaa al-Najjar se kinders en haar man is ernstig beseer, maar het oorleef. Die ministerie van gesondheid in Gaza het op X gesê die al-Najjars se woning is getref minute nadat haar man, Hamdi, terug by die huiswas nadat hy sy vrou werk toe geneem het. Ten minste 74 mense is dood in aanvalle deur die Israeliese weermag in die 24-uur tot die middaguur op Saterdag.
# Tennis: Novak Djokovic het slegs die derde man geword om 100 ATP-titels te wen toe hy Saterdag moes terugveg om Hubert Hurkacz in die eindstryd van die Genève Ope te klop. Hy het die eerste stel verloor maar herstel om na drie uur en vyf minute ‘n oorwinning van 5-7, 7-6, 7-6 te behaal. Die 38-jarige Djokovic sluit nou by Jimmy Connors en Roger Federer aan as die derde speler met ‘n honderd toertitels. Hy begin sy Franse Ope-veldtog Maandag of Dinsdag teen die Amerikaner Mackenzie McDonald.
En in Duitsland het die Italianer Flavio Cobolli Saterdag die derde gekeurde Russiese speler Andrey Rublev maklik geklop in die Hamburg Ope. Cobolli het een van die beste vertonings van sy loopbaan gelewer en met 6-2, 6-4 gewen. Die 23-jarige Italianer was die buiteperd teen Rublev, maar danksy die oorwinning sal hy nou met nege plekke tot ‘n loopbaanbeste nommer 26 op die wêreldranglys skuif. Cobolli sal Maandag of Dinsdag in sy Roland Garros-openingswedstryd teen die Kroaat Marin Cilic te staan kom. Rublev, die wêreldnommer 15, ontmoet die Suid-Afrikaner Lloyd Harris in sy eerste wedstryd.
# Ten slotte, die Kaapstadse stadsraad het onlangs die stad se Stap- en Fietsrystrategie goedgekeur. Die munisipaliteit se Stedelike Mobiliteitsdirektoraat poog om stap en fietsry mettertyd as veilige, toeganklike, volhoubare en primêre vervoermiddele in Kaapstad te herposisioneer. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, sê dié langtermynstrategie ondersteun die belegging in voetganger- en fietsryverbeterings wat toegang tot geleenthede en integrasie van vervoer in die metro bevorder:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….