Nuus 08:00
BULLETIN 24 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die EFF verwerp die IKT-beleid wat Solly Malatsi in die Staatskoerant afgekondig het
# COSATU vra op Afrikadag vir geregtigheid en eenheid regoor die kontinent
# En tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika kwalifiseer vir Franse Ope-hooftrekking
# Die EFF verwerp die beleid wat die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnolgie, Solly Malatsi, in die Staatskoerant afgekondig het. Die party sê dit verskaf ‘n agterdeur vir buitelandse maatskappye soos Elon Musk se Starlink om Suid-Afrika se swart bemagtigingswetgewing te omseil onder die dekmantel van die Ekwiteit-Ekwivalente Beleggingsprogram. Thembi Msani van die EFF sê die beleid pas Starlink soos ‘n handskoen en gee hom toegang om in Suid-Afrika sake te doen sonder om aan plaaslike eienaarskapvereistes te voldoen:
# COSATU het by miljoene regoor die vasteland aangesluit om Afrikadag 2025 te herdenk, Afrika se bevrydingstryd te vereer en solidariteit met onderdrukte nasies te bevestig. Woordvoerder Zanele Sabela het steun vir Eswatini, Zimbabwe, Kameroen, Soedan en die Demokratiese Republiek die Kongo beklemtoon. Sabela het koloniale ongeregtighede in Palestina en Wes-Sahara veroordeel. Sy doen ‘n beroep op die industrialisering van Afrika, handelsintegrasie, en werkerseenheid om armoede te beëindig en ongeregtighede te beveg:
# Die Suider-Afrikaanse Toerismedienstevereniging het hoë tevredenheid onder besoekers en die volle herstel van Amerikaanse reise na Suid-Afrika rapporteer, met 372-duisend-362 aankomste in 2024, wat ooreenstem met vlakke voor die pandemie. Die uitvoerende hoof David Frost sê alhoewel uitdagings soos misdaad bestaan, word toeriste se veiligheid geprioritiseer. Te midde vansterk openbare-privaat veiligheidspogings, doen Frost a beroep op verantwoordelike internasionale verslagdoening om toerisme se uiters belangrike rol in die lewens van Suider-Afrikaners te beskerm.
# Sewentien mense is beseer, waarvan vier in ‘n kritieke toestand, ná ‘n mesaanval by Hamburg se Sentrale Stasie. Die polisie het na ‘n groot soektog ‘n 39-jarige Duitse vrou gearresteer wat waarskynlik alleen opgetree het. Die Polisie het aan CNN gesê hulle vermoed nie enige politieke motivering nie maar kyk na die moontlikheid dat die verdagte geestelike probleme het. Die Hamburg Sentrale Stasie is die besigste passasierspoorwegstasie in Duitsland, met meer as 550-duisend reisigers per dag. Duitsland ondervind ‘n toename in mesmisdade die afgelope paar jaar, met sommige voorvalle wat spanning oor migrasie laat opvlam.
# Rugby: Die Poemas is die gashere vir Griekwas in die eindstryd van die 2025 SA Beker vanmiddag in Nelspruit. Dieselfde twee spanne het verlede jaar swaarde gekruis met die Griekwas wat 46-24 gewen het om die eerste titel van die kompetisie te wen. Dit is die vyfde eindronde in agt jaar waarin die twee spanne bots. Die Poemas het die SuperSport Rugbyuitdaag-kompetisie in 2018 gewen, terwyl die Griekwas die kompetisie die volgende jaar gewen het. In 2022 het die Poemas die Currie-Beker Premier Afdeling gewen en verlede jaar het die Griekwas die SA Beker ingepalm. Afskop is om 6.30 namiddag.
# En ten slotte: Tennis: Lloyd Harris van Suid-Afrika het vir die hooftrekking van die Franse Ope gekwalifiseer na hy die veteraan Marin Cilic van Kroasië in sy laaste kwalifiserende wedstryd geklop het. Cilic het die Amerikaanse Ope in 2014 gewen en was die wêreld nommer-drie. Harris het die afgelope tyd met beserings gesukkel wat hom van 31 tot 226ste op die wêreldranglys laat teruggesak het. Sedert hy na mededingende tennis teruggekeer het, het hy gesukkel om weer op dreef te kom. Harris het Sondag ‘n taai wedstryd teen die 17de-gekeurde Rus Andrey Rublev.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….