Nuus 08:00
BULLETIN 15 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa sal volgende week met president Trump vergader
# President Putin sal nie vandag die vredesamesprekings met Oekraïne bywoon nie
# En sokker: Mamelodi Sundowns maak seker van hul agtste agtereenvolgende PSL-oorwinning
# President Cyril Ramaphosa bring volgende week van Maandag tot Donderdag ‘n besoek aan Amerika. Die presidensie sê Ramaphosa sal sy eweknie, president Donald Trump, Woensdag in die Withuis in Washington besoek om bilaterale, streeks- en wêreldsake van belang te bespreek. Hy sê Ramaphosa se besoek bied ʼn platform om die strategiese verhouding tussen die twee lande te herstel. Die besoek volg nadat 49 wit Afrikaners, die eerste begunstigdes van Trump se omstrede hervestigingsprogram, Maandag in Amerika aangekom het.
# Die EFF sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, moet in die Parlement verslag doen oor berigte wat verband hou met die beplande toekenning van die Nasionale Lotery se bedryfslisensie aan die Gold Rush Consortium. Na ʼn lang en omstrede bodproses, onderhandel die minister volgens berigte met die konsortium om die nasionale lotery vir agt jaar te bedryf. ʼn EFF-woordvoerder, Sinawo Tambo, sê die konsortium se eienaars het na bewering bande met die hiërargie in die ANC:
# KwaZulu-Natal se premier, Thami Ntuli, moedig provinsiale regeringsdepartemente en munisipaliteite aan om die voortou te neem en met Ithala sake te doen. Die bank het sedert 16 Januarie nie handel gedryf nie nadat die Reserwebank se Voorsorgowerheid ʼn hofaansoek ingedien het om dit bankrot te verklaar, en bankrotskap en regulatoriese nienakoming as redes aangevoer het. ʼn Hofbeslissing het die instelling verlede week goedkeuring gegee om bedrywighede gedeeltelik te hervat. Ntuli sê Ithala is nie net ʼn bank nie, maar ʼn baken van ʼn stryd vir ekonomiese geregtigheid en waardigheid:
# Die Russiese president, Vladimir Putin, sal nie vandag in Istanboel, Turkye, vredesonderhandelings met sy Oekraïnse eweknie, Volodymyr Zelensky, bywoon nie. Die Kremlin sê sy afvaardiging word gelei deur die presidensiële assistent Vladimir Medinsky, wat in 2022 die enigste regstreekse onderhandelings tussen Rusland en Oekraïne gelei het. President Donald Trump van Amerika sal ook nie teenwoordig wees nie, al het hy vroeër gesinspeel dat hy dit sal bywoon as Putin teenwoordig is. Oekraïne sal na verwagting vra vir ʼn volle 30-dae-skietstilstand as vertrekpunt vir verdere samesprekings.
# Sokker: Mamelodi Sundowns is as die Premier-sokkerliga se 2024/2025-kampioene gekroon nadat hulle Chippa United op die Buffalo City-stadion in Oos-Londen met 3-0 afgeransel het. Arthur Sales se twee doele en een van Iqraam Rayners het Masandawana se sege oor United, en hul agste agtereenvolgende en 15de algehele titel, beklink. Die oorwinning beteken ook hulle eindig hul derde opeenvolgende seisoen met meer as 70 punte in die liga. Hoofafrigter Miguel Cardoso van Portugal is die eerste nie-Suid-Afrikaanse afrigter in tien jaar wat die titel opraap.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-24-sent teen die dollar, 20-rand-42-sent teen die euro en 24-rand-22-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 103-duisend-880-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-149-dollar-68-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-21-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….