Nuus 08:00
BULLETIN 10 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Regering sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika is geheel polities gemotiveerd
# Cosatu verwelkom 387-miljoen-rand se WVF-verligting vir sukkelende poskantoorwerkers
# En sokker: Verkeersowerhede waarsku sokkergeesdriftiges om versigtig te wees op die N3 voor die Nedbankbekereindstryd in Durban
# Die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika onder die dekmantel van vlugtelingskap is geheel en al polities gemotiveerd. Amerika het die aansoeke van sogenaamde vlugtelinge uit Suid-Afrika begin verwerk en sal dié Suid-Afrikaners daar begin hervestig. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê dit is nie duidelik hoe die beginsel van vrywaring van deportasie op hulle toegepas sal word sodra hulle daar hervestig is nie:
# Cosatu verwelkom die Werkloosheidsversekeringsfonds se besluit om verligting ter waarde van 387-miljoen-rand aan meer as ses-duisend poskantoorwerkers te verskaf. Die befondsing sal 75-persent van hul salarisse oor die volgende ses maande dek, terwyl die Suid-Afrikaanse Poskantoor met sy omkeerplan besig is. Matthew Parks van Cosatu sê dit is broodnodige verligting ná maande van swaarkry, en doen ‘n beroep op die Nasionale Tesourie om die res van die beloofde reddingsboei van 3,8-miljard-rand beskikbaar te stel:
# Eskom beplan om ’n ope dag aan te bied vir onafhanklike kragopwekkers en verskaffers om sy pas bekendgestelde virtuele kragversendingsoplossing ten toon te stel. Hierdie inisiatief het ten doel om elektrisiteitshandel tussen onafhanklike kragopwekkers en hul kliënte via Eskom se netwerk te fasiliteer. Die virtuele kragversendingsplatform stel kopers in staat om elektrisiteit van kragopwekkers aan te skaf en daardie energie virtueel toe te wys aan eindgebruikers wat aan die netwerk gekoppel is, wat skaalbaarheid verbeter. Hoewel geen virtuele kragversendingkontrakte tot dusver gesluit is nie, het Eskom reeds verskeie navrae ontvang en moedig belangstellendes aan om deel te neem.
# Sokker: Die Padverkeersbestuurskorporasie doen ’n beroep op motoriste wat op die N3 reis voor vandag se Nedbankbeker-eindstryd in KwaZulu-Natal om verantwoordelik te bestuur. Met verkeer wat na verwagting gaan toeneem namate ondersteuners na die Moses Mabhida-stadion stroom vir die kragmeting tussen Orlando Pirates en Kaizer Chiefs, sal owerhede streng optree teen dronkbestuur, spoedoortredings en onpadwaardige voertuie. Die korporasie se Simon Zwane het bestuurders gewaarsku oor mistige toestande naby Van Reenenspas en Howick:
# En ter afslluiting, ’n Roos is na Catherine, Prinses van Wallis, vernoem om die ‘genesende mag van die natuur’ te verheerlik. Die Koninklike Tuinbouvereniging sê die blom word ‘Catherine’s Rose’ genoem om bewustheid te skep vir die rol wat buitelewe speel in mense se geestelike, fisieke en spirituele welstand. Die floribunda-roos het koraalpienk blomknoppe met ’n geur wat herinner aan Turkse lekkers en veselperske. Opbrengs van verkope sal aan die Koninklike Marsden Kankerliefdadigheid geskenk word. Die prinses is verlede jaar by dié hospitaal in Wes-Londen vir kanker behandel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….