Nuus 08:00
BULLETIN 8 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC beskuldig die DA van misbruik van die regbank
# Panyaza Lesufi sê die DA se mosie van wantroue in die burgemeester van Johannesburg sal misluk
# En, nog geen pous is verkies na die eerste stemming van die kardinaalsvergadering nie
# Die ANC het die DA daarvan beskuldig dat hy die regbank misbruik om goedkoop politieke punte te behaal. Dit volg na die Hooggeregshof in Pretoria die DA se aansoek verwerp het om verlof tot appèl teen ‘n vorige uitspraak te verkry om die ANC se kaderontplooiingsbeleid as ongrondwetlik te laat verklaar. Die hof het bevind dat die DA nie daarin geslaag het om aspekte van die kaderontplooiingsbeleid te identifiseer wat ongrondwetlik was nie. Die ANC sê die DA moet eerder fokus op bydraes tot substantiewe beleidsdebatte en praktiese oplossings vir die land.
# Die Minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa sal vandag haar departement se afvaardiging lei in ’n werksessie met Standardbank. Woordvoerder van die departement, Litha Mpondwana, sê die werksessie is daarop gemik om samewerking te verdiep ten einde staatsvermoë op die gebied van beplanning, monitering en evaluering te versterk, terwyl dit ook die implementering van die Mediumtermyn-ontwikkelingsplan vir 2024 tot 2029 ondersteun:
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die DA se beplande mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sal nie slaag nie. Die DA het die burgemeester beskuldig dat hy die inwoners in die steek laat en gesê dat sy administrasie, in plaas daarvan om met integriteit te lei, gekenmerk word deur wanbestuur, netwerke vir beskerming en ‘n ontstellende gebrek aan deursigtigheid. Lesufi sê hulle het die stemme om te verseker dat die onsinnige mosie van wantroue misluk:
# Swart rook het gisteraand uit die skoorsteen van die Sistynse Kapel geborrel wat aandui dat die eerste stemming by die kardinaalsvergadering sonder die verkiesing van ‘n pous afgeloop het. Altesaam 133 kardinale van oral in die wêreld het ‘n eed van geheimhouding aan die begin van die vergadering afgelê wat sestien dae na die dood van die pous begin het. Van vandag af sal twee verkiesings in die oggend en twee in die middag gehou word totdat minstens 89 kardinale dieselfde naam kies. Die vergadering wat pous Franciskus in 2013 gekies het, het twee dae geduur.
# Sokker: Paris St-Germain is deur na die Kampioeneliga se eindstryd na hulle Arsenal met 2-1 in hulle tweede halfeindstryd-ontmoeting geklop het en met 3-1 op doelgemiddelde geseëvier het. Doele deur Fabian Ruiz en Achraf Hakimi het die oorwinning vir PSG beklink wat in die eindstryd teen Inter Milan te staan kom. PSG gaan probeer om die eerste Franse span te word om die Kampioeneliga te wen sedert Marseille in 1993. PSG se bestuurder, Luis Enrique sê dit beteken baie om die eindstryd te haal:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-20-sent teen die dollar, 20-rand-64-sent teen die euro en 24-rand-31-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 98-duisend-en-790-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-406-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 61-dollar-39-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….