Nuus 08:00
BULLETIN 5 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Werkgroep sal die uitwerking van die onttrekking van Amerikaanse befondsing vasstel
# Julius Malema sê die begrotingsgeveg is om die land se ekonomiese struktuur te transformeer
# En, Netanyahu belowe om die Houthi-lughawe-aanval te wreek
# Die minister van Wetenskap, Tegnologie en Innovering, Blade Nzimande, sê hy is besig om ‘n ministeriële werkgroep aan te stel om die uitwerking van die onttrekking van navorsingsbefondsing deur die Amerikaanse regering te bepaal. Die VSA het navorsingsbefondsing wat belangrike biomediese, gesondheids- en verwante samewerkingsprogramme ondersteun, beëindig. Amerikaanse en Suid-Afrikaanse instellings en wetenskaplikes is hierby betrokke. Nzimande het aan eNCA gesê dat dit noodsaaklik is om die langtermyn-sekuriteit en volhoubaarheid van die land se navorsings- en ontwikkelingsbelange te verseker:
# Die EFF-leier Julius Malema sê Suid-Afrika word gekonfronteer met voortdurende uitdagings van werkloosheid, misdaad en geweld teen vroue en kinders, wat alles vererger word deur die ekonomiese onsekerheid rondom die onlangse begrotingskrisis. Hy het sy party se tweede sentrale bevelspanvergadering in Bela-Bela, Limpopo, die naweek toegespreek. Malema sê die begrotingstryd is nie net ‘n tegniese stryd nie, maar dit is ‘n stryd om die ekonomiese struktuur van die land te transformeer, ‘n struktuur wat steeds uiters anti-swart is.
# Die Wes-Kaapse polisie het ‘n soektog op tou gesit na twee verdagtes wat na bewering ‘n vroulike administratiewe klerk verbonde aan die Kraaifontein-polisiestasie doodgeskiet het. Die 35-jarige is Saterdag in die parkeerterrein langs die Gatesville-moskee in Athlone geskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Malcolm Pojie, sê nog ‘n vrou is in die proses beseer en is tans in die hospitaal:
# Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu het belowe om wraak te neem teen Jemen se Houthi’s na ‘n missielaanval op die terrein van Israel se hooflughawe. Die missiel het Sondagoggend naby die hoofterminaal van Ben Gurion-lughawe geland en vier mense beseer. Delta Air Lines, Lufthansa, Air France en Ryanair het vlugte opgeskort. Netanyahu sê aanvalle deur die Houthi’s kom van Iran af, en voeg by dat hul reaksie bestaande uit verskilende fases op ‘n tyd en plek van hul keuse sal plaasvind.
# Motorsport: Oscar Piastri van McLaren het van die vierde wegspringplek daarin geslaag om die Miami Grand Prix te wen, sy derde agtereenvolgende oorwinning. Die Australiër se spanmaat, Lando Norris, het van ‘n sesde plek herstel na ‘n voorval met Max Verstappen van Red Bull in die eerste ronde, om tweede te eindig. George Russell van Mercedes was derde. Verstappen het vierde oor die wenstreep gejaag, voor Alex Albon van die Williams-span. Piastri, wat sy bestuurderskampioenskap-voorsprong teen Norris met 16 punte vergroot het, sê hy kan steedse verbeter:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-36-sent teen die dollar, 20-rand-80-sent teen die euro en 24-rand-39-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 94-duisend-en-93-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-259-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 58-dollar-95-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….