Nuus 08:00
BULLETIN 4 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Afgestorwe Vrystaatse SAPD-lede sal amptelike begrafnisse kry
# Women and Men Against Child Abuse sê geregtigheid in die Joslin Smith-saak is bitter
# En, Krieket: Kagiso Rabada is voorlopig geskors weens ‘n positiewe toets vir ‘n verbode middel
# Die drie SAPD-beamptes wat dood in die Hennopsrivier in Centurion gevind is, sal afsonderlik begrawe word. Die beamptes was op pad van die Vrystaat na Limpopo vir ’n drie-maande Operation Vala Umgodi-ontplooiing. Hul voertuig is ook herwin. Die polisie ondersoek steeds die oorsaak van die ongeluk. Polisiekommissaris van die Vrystaat, Baile Motswenyane, het bevestig dat Boipelo Senoge, Cebekhulu Linda en Keamogetswe Buys amptelike polisie-begrafnisse sal kry:
# The United Democratic Movement Women’s Organisation het die skuldigbevinding van Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes vir die ontvoering en mensehandel van die sesjarige Joslin Smith, verwelkom. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap het in Saldanhabaai gesit en vonnisoplegging vind Vrydag plaas. Die sekretaris-generaal van UDEMWO, Thandi Nontenja, sê die uitspraak is ’n belangrike stap na geregtigheid, maar het beklemtoon dat ware geregtigheid slegs sal geskied as daar sekerheid is oor waar Joslin haar bevind:
# Women and Men Against Child Abuse sê intussen die uitspraak teen Kelly Smith en haar mede-beskuldigdes oor die verdwyning van Joslin Smith is nie ‘n oorwinning nie. Die Hooggeregshof in die Wes-Kaap, wat in Saldanhabaai gesit het, het Smith, Jacquen Appollis en Steveno van Rhyn skuldig bevind aan die ontvoering en mensehandel van die kind. Die organisasie sê dit is ‘n bitter oomblik aangesien Joslin steeds vermis word. Die organisasie belowe dat Joslin se naam nie in stilte sal verdwyn nie.
# Die Demokratiese Republiek die Kongo het ’n lisensie aan Elon Musk se Starlink toegestaan, wat die satelliet-internetverskaffer toelaat om met bedrywighede te begin. Die stap dui op vordering na ’n vorige verbod weens nasionale sekerheidskwessies. Slegs 30-persent van die bevolking is aanlyn, en die Kongolese Pos- en Telekommunikasie Reguleerder sê Starlink se toetrede kan konnektiwiteit verbeter. Starlink, wat reeds in Somalië en Lesotho gelisensieer is, brei uit oor Afrika en is ook in gesprek met Oeganda om dienste daar te begin.
# Krieket: Suid-Afrika se snelbouler Kagiso Rabada sê hy dien ‘n voorlopige skorsing uit nadat hy nie ‘n toets vir verbode middels geslaag het nie. Die 29-jarige Rabada is van die Indiese Premierliga af terug huis toe nadat hy vroeg April vir die Gujarat Titans gespeel het. Hy het bevestig hy het positief getoets vir die gebruik van ‘n ontspanningsmiddel, maar het nie gesê wat dit is of hoe lank hy geskors is nie. Hy sê in ‘n verklaring wat deur die SA Krieketspelersvereniging vrygestel is hy is jammer oor almal wat hy teleurgestel het.
# En ten slotte: Sokker: Kaizer Chiefs se-afrigter Nasreddine Nabiduring is teleurgesteld nadat sy span nie ‘n vroeë voorsprong kon verdedig nie in gister se nederlaag van 2-1-teen Orlando Pirates in hul Soweto-derby in ‘n volgepakte FNB-stadion. Glody Lilepo het die Amakhosi in ‘n perfekte begin van die wedstryd reeds in die tweede minuut laat voorloop, maar doele van Evidence Makgopa en Relebohile Mofokeng het aan die Buccaneers die meeste punte besorg. Nabiduring het aan Supersport gesê individuele foute het Pirates laat verloor.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….