Nuus 08:00
BULLETIN 3 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nersa gee goedkeuring vir ‘n Elektrisiteitsmark-adviesforum om markhervorming te lei
# Die DA in die Wes-Kaap vra vir optrede tydens kinderbeskermingsmaand
# En, motoriste word aangemoedig om veilig te bestuur tydens ‘n besige naweek
# Die energiereguleerder NERSA het die stigting van ‘n Elektrisiteitsmark-adviesforum goedgekeur. Die forum sal NERSA help terwyl die land voorberei om oor die volgende vyf jaar ‘n mededingende elektrisiteitsmark te betree. Dit sal help om kernreëls en kodes te finaliseer en te verseker dat alle belanghebbendes gereed is vir die veranderinge. Charles Hlebela van Nersa sê die stap is belangrik in die versterking van toesig en die aanmoediging van breër deelname in die elektrisiteitsbedryf:
# Die DA in die Wes-Kaap vier Mei-maand as Kinderbeskermingsmaand. Wendy Kaizer-Philander van die party sê die provinsie moet verenig in die beskerming van kinders se regte, en gevra vir daadwerklik optrede. Sy het verwys na die verdwyning van Joslin Smith en gemeenskappe aangemoedig om saam met die regering en kinderbeskermingsorganisasies te werk en gepleit vir ‘n keerpunt om elke kind te beskerm:
# LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, het versoek dat motoriste versigtig moet bestuur aangesien die Metro FM-musiektoekennings en die Soweto-derby albei vandag plaasvind. Macie waarsku dat padongelukke dikwels lewens eis en gesinne sowel as die ekonomie verwoes. Hy het beklemtoon dat motoriste verkeerswette moet gehoorsaam, veral wanneer werkers Maandag na hul werkplekke terugkeer. Die LUR het bevestig dat wetstoepassing oor die naweek verskerp sal word.
# Prins Harry het sy appèl verloor om sy volle Britse polisiebeskerming te herstel wanneer hy Brittanje besoek. Hy het aangevoer sy gesin is in gevaar. Harry is al vir jare in ‘n regsgeding gewikkel sedert die Britse regering sy sekerheidstatus afgradeer het toe hy as senior lid van die koningshuis bedank en na die buiteland verhuis het. Hy was nie tydens die uitspraak in die Londense Appèlhof teenwoordig nie, waar regter Geoffrey Vos die appèl van die hand gewys het. Die regter het gesê die hertog se “gevoel van onreg” is nie ‘n geldige regsargument nie.
# En ten slotte tennis: Jack Draper van Brittanje het Vrydag die Italianer Lorenzo Musetti met 6-3, 7-6 uitgeskakel en sal in die eindstryd van die Madrid Ope teen die Noorweër Casper Ruud te staan kom. Dit is Draper se tweede Meesters 1000 eindstryd van die jaar. Ruud het net-net deurgedring na die 25ste toervlak-eindstryd van sy loopbaan met ‘n 6-4, 7-5 oorwinning oor Argentine Francisco Cerundolo na ‘n onderbreking vir bors- en rugpyn. Hy het albei sy vorige twee Meesters 1000-eindstryde verloor en sal Sondag mik na sy eerste titel op hierdie vlak.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….