Nuus 08:00
BULLETIN 1 Mei 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Fikile Mbalula sê die BTW-ommeswaai is geen regsoorwinning nie, maar slegs ‘n demokratiese oplossing
# Minister Godongwana sê slegs die president kan hom afdank te midde van die BTW-teenreaksie
# En, die Wêreldbank waarsku dat globale kommoditeitspryse teen 2026 ná ‘n sesjaar-laagtepunt kan daal
# Die ANC sê hy sal voortgaan om konsensus te bou binne die regering van nasionale eenheid om ’n vooruitstrewende en transformerende fiskale koers te verseker. Sekretaris-Generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die ontrekking van die voorgestelde BTW-verhoging is nie ’n regsoorwinning vir die DA en EFF nie, maar ’n demokratiese oplossing wat deur konsultasie en politieke volwassenheid bereik is. Mbalula het bygevoeg dat die besluit die Vryheidsmanifes weerspieël:
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana sê intussen net president Cyril Ramaphosa het die gesag om hom uit sy amp te verwyder. Dit kom te midde van negatiewe openbare en politieke reaksie oor die voorgestelde BTW-verhoging. Godongwana het aan die media gesê dat die regering, totdat die nuwe begroting goedgekeur is, onder tussentydse reëls sal funksioneer wat die gebruik van tot 45-persent van verlede jaar se begroting toelaat:
# Die Wêreldbank waarsku dit word verwag dat globale kommoditeitspryse teen 2026 na hul laagste vlak sedert 2020 kan daal. Die afname, wat gedryf word deur ’n hoë olie-aanbod en swakker groei, mag inflasie verlig, maar dit bedreig twee-derdes van ontwikkelende ekonomieë. Die bank dui aan dat energiepryse, insluitend Brent ru-olie en steenkool, verwag word om te verswak, terwyl voedselpryse effens sal daal. Intussen sal goudpryse rekordhoogtes bereik te midde van wêreldwye onsekerheid. Die verslag waarsku oor toenemende onstuimigheid in kommoditeitsmarkte in dié dekade.
# Krieket: Bangladesj het die tweede en laaste toets teen Zimbabwe in Chattogram met ‘n kolfbeurt en 106 lopies in minder as drie dae gewen om die reeks gelykop te laat eindig. Zimbabwe het die lood gewen en 227 in hul eerste beurt aangeteken, met Bangladesj wat met ‘n indrukwekkende 444 lopies geantwoord het. Die besoekers het in die tweede sessie van die derde dag ineengestort en net 111 lopies aangeteken. Mehidy Hasan Miraz van Bangladesj het uitgeblink, deur ‘n honderdtal met die kolf te behaal en daarna vyf paaltjies vir 32 lopies met die bal geneem.
# En ten slotte, COSATU in Mpumalanga bied vandag die nasionale Werkersdag-saamtrek by die Kees Taljaard-stadion in Middelburg aan. Die geleentheid beklemtoon dringende bekommernisse van werkers, insluitend werkverliese, gebrek aan ordentlike werk, besparingmaatreëls en toenemende armoede. Die vakverbond spreek ook sy kommer uit oor geslagsgeweld, vrouemoord, en kindermishandeling en vra sterker beskerming vir Suid-Afrikaanse werkers.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….