Nuus 08:00
BULLETIN 19 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Lamola betreur die afsterwe van SA-ambassadeur in die Ivoorkus, Zolani Mtshotshisa
# Die GOOD-party bevraagteken die werklike impak van veranderings by Binnelandse Sake
# En Tennis: Alcaraz, Ruud, Fils en Khachanov deur na die semis in die Barcelona Ope
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het sy hartseer uitgespreek oor die afsterwe van Suid-Afrika se ambassadeur in die Ivoorkus, Zolani Mtshotshisa, in ‘n hospitaal in Suid-Afrika. Hy was saam met Steve Biko ‘n aktivis in die Black Consciousness Movement voor hy later by die ANC aangesluit het. Lamola sê Mtshotshisa was toegewy aan die handhawing van goeie politieke, diplomatieke, ekonomiese en mense-verhoudinge tussen Suid-Afrika en die Ivoorkus.
# Die GOOD-party het die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, se hervormings uitgedaag en vra of dit ware transformasie is, of slegs beeldbou-aksies is. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, erken Schreiber se proaktiewe beeld sedert sy aanstelling, maar sê sleutelkwessies bly onopgelos. Dit sluit in druk op die visumstelsel, lang rye en swak diens. Hy sê werklike sukses lê daarin dat mense die verandering werklik ervaar, en dit nie net in opskrifte sien nie:
# Die UDM in Kaapstad sê hy is is woedend oor beweerde polisie-nalatigheid nadat ‘n verkragtingslagoffer in Khayelitsha haar beweerde aanvaller uitgewys het. Bongani Maqungwana van die UDM sê inwoners het die verdagte aan die polisie oorhandig, maar hy is laat gaan, die ondersoekbeampte is nie ingelig nie en bewysstukke is nie geneem nie. Maqungwana sê die verdagte intimideer die slagoffer en gemeenskap en moet in hegtenis geneem word. Hy sê die slagoffer moet beskerming kry, die voorval moet ondersoek word en die beampte moet geskors word. Hy noem die situasie ‘n growwe skending van geregtigheid.
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê hy moet sien dat Rusland en Kiëf gewillig is om die oorlog in Oekraïne te beëindig. Dit volg nadat die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gewaarsku het die VSA sal binne enkele dae ophou probeer om ‘n vredesooreenkoms tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel tensy daar duidelike tekens is dat ‘n wapenstilstand bereik kan word. Trump het Vrydag by die Withuis gepraat en gesê die VSA sal nie ‘n Oekraïne-vredesooreenkoms aanvaar as die partye dit moeilik maak nie:
# En Tennis: Die topgekeurde Carlos Alcaraz het deurgedring na die semifinaal van die Barcelona Ope ná sy oorwinning teen die vyfde gekeurde Alex de Minaur. Die Spanjaard het die Australiër met 7-5, 6-3 geklop. Alcaraz sal in die laaste vier teen Arthur Fils van Frankryk te staan kom, nadat sy teenstander, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, in die derde wedstryd van hul kwarteindstryd weens ‘n besering uitgetree het. Holger Rune van Denemarke het intussen die verdedigende kampioen, Casper Ruud van Noorweë, met 6-4, 6-2 uitgestof. Rune sal teen Karen Khachanov te staan kom in die semifinaal nadat die Rus Alejandro die Spanjaard Davidovich Fokina met 6-4, 7-5 geklop het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….