Nuus 08:00
BULLETIN 10 April 2025 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC bly daartoe verbind om die begrotingsdooiepunt op te los
# Die weermag ontken hulle is by die #JusticeForCwecwe-optog ontplooi
# En daar is drie dae van rou afgekondig in die Dominikaanse Republiek
# Die ANC sê hy gaan voort om te bewys hy is gereed om met alle parlementêre rolspelers te beraadslaag wat op nasionale belang, openbare aanspreeklikheid en die bevordering van ekonomiese herstel fokus. Die party se onderhandelingspan onder leiding van sekretaris-generaal Fikile Mbalula het met ActionSA vergader om die dooiepunt oor die BTW-verhoging aan te spreek. Die ANC-woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri, sê albei partye erken die dringendheid om die huidige begrotingsprobleem op te los en die beginsels van goeie fiskale beheer na te kom:
# Adjunk-president Paul Mashatile gaan vandag die 32ste herdenking van die dood van die vryheidsvegter en ikoon van die bevrydingstryd Chris Hani in Cofimvaba, in die Oos-Kaap lei. Die ontslape leier van die SAKP is op hierdie dag in 1993 voor sy huis in Boksburg doodgeskiet. Sy moordenaar, Janusz Waluś, is verlede jaar op parool vrygelaat en na Pole gerepatrieer. Mashatile sê Hani se nalatenskap staan soos ‘n baken van moed, onselfsugtigheid en diens aan die mense.
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontken sy lede is Dinsdag tydens die #JusticeForCwecwe-optog in Matatiele in die Oos-Kaap ontplooi. Die optog volg na die beweerde verkragting van ‘n sewejarige meisie, bekend as Cwecwe, by die Bergview College in Oktober 2024. Inwoners het die opvallende teenwoordigheid van gewapende soldate tydens die optog gekritiseer. Die weermagwoordvoerder, Siphiwe Dlamini, sê die soldate in gebied was op diens om die grens te beskerm:
# President Luis Abinader van die Dominikaanse Republiek het drie dae van rou afgekondig nadat ʼn nagklub se dak Dinsdagoggend in Santo Domingo ingestort het. Dit dodetal ná die ramp by die Jet Set-klub het tot 124 gestyg en reddingswerkers probeer steeds oorlewendes onder die puin vind. Die sanger Rubby Pérez, en gewese Major League-basketbalspelers, Octavio Dotel en Tony Blanco, is onder die oorledenes. Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bevestig minstens een Amerikaanse burger is in die voorval dood.
# Sokker: Orlando Pirates is die eerste keer sedert 2013 deur na die CAF-Kampioeneliga se halfeindronde. Dit volg na ʼn gelykopstryd sonder enige doele teen die Algerynse klub, MC Alger, in die tweede deel by die Orlando-stadion. Die Buccaneers kwalifiseer vir die laaste vier op ʼn algehele totaal van 1-0 nadat hulle MC Alger verlede Vrydag in die eerste deel geklop het. In die halfeindronde takel Pirates vir Pyramids FC terwyl Mamelodi Sundowns en Al Ahly kragte meet. Pirates se afrigter, Jose Riveiro, sê sy spelers het alles gegee:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-26-sent teen die dollar, 21-rand-17-sent teen die euro en 24-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 81-duisend-622-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-129-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 64-dollar-37-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….