Nuus 08:00
BULLETIN 7 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Julius Malema bestempel die DA en VF Plus as vyande van vooruitgang
# Busisiwe Mkhwebane sê die Regspraktykraad ondermyn haar geloofwaardigheid
# En ‘n ontruimingsbevel is uitgereik aan inwoners langs die Vaalrivier
# EFF-leier Julius Malema het herhaal hy sal ooit in ‘n regering wees wat die DA en Vryheidsfront Plus insluit nie. Hy het Sondag in Sophiatown, Johannesburg, gepraat by die EFF se grondeis-geleentheid. Dis onseker of die DA ʼn lid van die regering van nasionale eenheid gaan bly nadat hy verlede Woensdag teen die begrotingsraamwerk gestem het. Malema sê die DA en VF Plus is vyande van vordering:
# Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, sê die tydsberekening en manier van optrede van die Regspraktykraad lyk na ‘n polities-gemotiveerde poging om haar geloofwaardigheid te ondermyn. Die raad beplan om ‘n hofaansoek in te dien om Mkhwebane te skors en sê dit is gebaseer op hulle bevindings van die Artikel 194-parlementêre ondersoek. Sy het in 2023 die eerste Openbare Beskermer geword om in ‘n staat van beskuldiging geplaas te word, na die ondersoek se bevinding van wangedrag en onbevoegdheid. Mkhwebane sê het in haar ampstermyn die hoogste regs- en etiese standaarde gehandhaaf.
# Inwoners in laagliggende gebiede naby die Vaaldam is gewaarsku om te ontruim weens die gevaar van oorstromings. Sondag is ʼn vyfde sluis oopgemaak om toenemende watervlakke te bestuur weens voortdurende reënval in die Vaalrivier se opvangsgebied. ʼn Woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die dam is meer as 100-persent vol, en nóg reën word hierdie week verwag:
# President Donald Trump van Amerika se omvattende tariewe stuur steeds skokgolwe deur die wêreld se finansiële markte. Markte in Asië het vanoggend getuimel met Japan se Nikkei wat kort na opening met meer as agt-persent gedaal het, en Suid-Korea se Kospi met meer as 4,8-persent. Australië se ASX 200-indeks het vanoggend met sowat 6,3-persent gesak. Wat die markte se daling betref, het Trump het aan joernaliste op Air Force One gesê ʼn mens moet soms medisyne drink om iets reg te maak:
# Rugby: Die Haaie, is uit die Uitdaagbeker-reeks ná hul 34-21-nederlaag teen Lyon in die ronde van 16 op die Matmut-stadion in Frankryk. Die tuisspan het vyf drieë gedruk teenoor die besoekers en heersende kampioene se drie. Die Bulle is die enigste Suid-Afrikaners wat in die kompetisie oorbly. Lyon en die Ospreys meet nou kragte in die Uitdaagbeker se kwarteindronde terwyl die Haaie ʼn week lange blaaskans kry voor hulle Edinburgh Vrydag in die Verenigde Rugbykampioenskap takel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-26-sent teen die dollar, 21-rand-6-sent teen die euro en 24-rand-80-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-277-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-29-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 63-dollar-80-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….