Nuus 08:00
BULLETIN 6 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# John Steenhuisen beklemtoon die belangrikheid van eenheid in die nasionale regering
# Die Justisiekomitee ondersteun die minister se oproep vir ‘n verslag oor die Timothy Omotoso-saak
# En Rugby, die Bulle klop Bayonne in ‘n Uitdaagbeker-wedstryd
# Die DA-leier John Steenhuisen het die party se verbintenis tot die regering van nasionale eenheid herbevestig, met die klem op samewerking eerder as oorheersing. Steenhuisen het op ‘n DA-veldtog in Phoenix, erkenning gegee aan die DA se bydraes tot die koalisie en die belangrikheid van gesamentlike pogings beklemtoon. Hy het herhaal dat geen party ‘n meerderheid van 51-persent behaal het nie en het die DA se doelwit om ekonomiese groei en werkskepping te bevorder, uitgelig:
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie ondersteun minister Mmamoloko Kubayi se versoek vir ‘n verslag van die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Shamila Batohi, oor die Timothy Omotoso-saak. Omotoso en sy medebeskuldigdes is op 32 aanklagte vrygespreek weens aanklaers se foute, en regter Irma Schoeman sê haar uitspraak is gegrond op onbehoorlike gedrag en onvoldoende kruisondervraging. Die komiteevoorsitter, Oscar Mathafa, sê die NVG se optrede moet ondersoek word:
# Die Departement van Binnelandse Sake het saamgespan met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, Grensbestuurowerheid en die Staatsdrukker om Slim ID- en paspoortdienste in bankplatforms te integreer. Minister Leon Schreiber sê dit sal dienste na honderde banktakke en -programme uitbrei. Die samewerking sluit ook in die opgradering van die Bewegingsbeheerstelsel by nasionale ingangspunte en die bekendstelling van Slim ID’s vir genaturaliseerde burgers en permanente inwoners. Die minister het die ooreenkoms as ‘n stap tot die modernisering van dienste geprys en beskou dit as ‘n stap tot die verbetering van die doeltreffendheid van die regering.
# Jaguar Land Rover het verskepings na die VSA vir ‘n maand onderbreek ná Donald Trump se tariewe in werking getree het. Die maatskappy sê hy het tyd nodig om die nuwe handelsvoorwaardes van die tariewe aan te spreek. ‘n Maatskappy-woordvoerder sê die VSA is ‘n belangrike mark vir sy luukse handelsmerke. Sy besluit volg nadat ‘n heffing van 25-persent op alle motors wat na Amerika ingevoer word, Donderdag in werking getree het met die basislyntarief van tien-persent wat Saterdag geaktiveer is. Die Britse motorbedryf sal na verwagting swaar getref sal word deur die nuwe tariewe.
# En Rugby: Die Bulle het nog hoop om die Uitdaagbeker te wen na ‘n oorwinning van 32-22 oor Bayonne. Jake White se span speel volgend week in die Uitdaagbeker-kwarteindronde wanneer hulle teen Sean Everitt se Edinburgh-span te staan sal kom. Bayonne se 22 punte is aangeteken deur Federico Mori, Remy Bourdeau en Tom Spring wat drieë gedruk met doelskoppe deur Spring en Cheikh Tiberghien en ‘n strafskop deur Baptiste Germain. Sergeal Petersen, Reinhardt Ludwig, David Kriel en Marco van Staden het drieë vir die Bulle gedruk, met die res van skopwerk deur Keagan Johannes en Johan Goosen.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….