Nuus 08:00
BULLETIN 5 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Safer South Africa-stigting vra dringende optrede teen geslagsgeweld in skole
# TV se Dr Oz word bevestig as leier van Medicare en Medicaid in Amerika
# En sokker, De Bruyne verlaat Manchester City aan die einde van die seisoen
# Die Safer South Africa-stigting het alarm gemaak oor die toename in maatskaplike misdade, insluitend geslagsgeweld by opvoedkundige instellings landwyd. Elf moorde en 99 verkragtings is tussen Oktober en Desember 2024 by skole, kleuterskole en universiteite aangemeld. Die woordvoerder, Godfrey Monene, sê die stigting veroordeel die onlangse verkragting van Cwecwe in Matatiele en dring aan op sterker voorkomende maatreëls, aktiewe burgerskap en vinnige geregtigheid. Hy het bevestig meer as 600-duisend mense het ‘n versoekskrif onderteken wat aanspreeklikheid en veiligheid in skole eis.
# ActionSA is gereed om gespesialiseerde mynreddingsmaatskappye uit te nooi om die oorblyfsels van die drie Lily-mynmynwerkers wat sedert 2016 vasgekeer is, te herwin. ActionSA sal ‘n Versoek vir Voorleggings uitreik nadat toegang in Februarie toegestaan is. Party-leier Herman Mashaba sê die stap is gemik om na byna nege jaar, genesing te bring vir die families van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda:
# Die DA in Johannesburg sê die stad se voorgestelde tariefverhogings is erg kommerwekkend, veral te midde van aanhoudende diensleweringsmislukkings. Van volgende maand af sal inwoners groot verhogings in water-, riool-, vullisverwydering- en elektrisiteitstariewe moet hanteer. Belinda Kayser-Echeozonjoku van die DA dring aan dat hierdie verhogings ongeregverdig is en vra vir beter bestuur en verbeterde dienslewering:
# Die Amerikaanse Senaat het bevestig die selep-dokter en voormalige TV-gasheer, Mehmet Oz, sal die Centres for Medicare and Medicaid Services bestuur, die agentskap wat toesig hou oor die gesondheidsorg van miljoene Amerikaners. Die 64-jarige Oz, wie se benadering tot gewigsverliesmiddels en wondermiddels onder die loep gekom het, was ‘n chirurg voor hy in die vroeë 2000’s op The Oprah Winfrey Show verskyn het. Trump het nadat hy vir Oz gekies het, wat nog nooit ‘n openbare amp beklee het nie, gesê daar is moontlik geen dokter wat beter gekwalifiseer is of in staat is om Amerika weer gesond te maak nie.
# Sokker: Manchester City middelveldspeler Kevin De Bruyne het bevestig dat hy die klub aan die einde van die seisoen sal verlaat. Die 33-jarige Belgiese ster het 14 belangrike trofeë gewen, insluitende ses Premierligatitels en die Kampioeneliga in 2023, sedert hy in 2015 van Wolfsburg af by City aangesluit het. De Bruyne het op sosiale media geskryf dat dit nie maklik is om hieroor te skryf nie, maar sokkerspelers weet daardie dag kom uiteindelik. Hy is al twee keer as die spelers se Speler van die Jaar bekroon.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….