Nuus 08:00
BULLETIN 14 Julie 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA is versigtig om die kommissie van ondersoek te verwelkom
# Die GOOD-party sê Suid-Afrika het nie die tyd vir nog ‘n duur kommissie nie
# En tien mense insluitend kinders is dood in ‘n Israelse lugaanval op ‘n Gaza-waterstasie
# Die DA-leier John Steenhuisen sê alhoewel hulle die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof verwelkom, volg dit ná nasionale ontsteltenis. President Cyril Ramaphosa het ook ‘n kommissie van ondersoek aangewys om bewerings van misdaadsindikate se infiltrasie van wetstoepassing, intelligensie en verwante instellings in die strafregstelsel te ondersoek. Steenhuisen sê hulle sal nie ʼn jare lange proses aanvaar wat verdoemende bewyse insamel, maar geen aanspreeklikheid vereis nie:
Die GOOD Party sê intussen dat hoewel die aanstelling van ‘n kommissie van ondersoek om bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, te ondersoek, goed bedoel is, is dit te stadig en duur. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê ‘n kommissie van ondersoek kan nie ‘n kriminele ondersoek vervang nie:
# Die Oos-Kaapse Hooggeregshof in die Baai hoor vandag die eerste deel van die staat se appèlproses teen die vryspreking van die televisie-evangelis Timothy Omotoso en sy twee medebeskuldigdes aan. Dit volg in opdrag van regter Irma Schoeman nadat die staat ʼn verduideliking van feitelike bevindings in haar uitspraak versoek het. Die drie is in April vrygespreek op aanklagte wat mensehandel en verkragting insluit. Omotoso is in Mei uit Suid-Afrika na Nigerië gedeporteer.
# Tien Palestyne, waaronder ses kinders, is gister dood in ʼn missielaanval op ʼn waterstasie in Sentraal-Gaza. Sestien mense is beseer. Die Israelse Weermag sê die teiken was ʼn Islamitiese Djihad-militant, maar ʼn tegniese fout het veroorsaak dat die missiel tientalle meter van die teiken land. Hy sê die voorval word ondersoek, en voeg by alles moontlik word gedoen om skade aan gewone burgers so ver moontlik te beperk. In ʼn aparte lugaanval gister is ʼn huis getref en nege mense is dood.
# Sokker: Chelsea het die Kampioeneliga-wenners, Paris Saint-Germain, met 3-0 afgeransel om die FIFA-klubwêreldbeker op die MetLife-stadion in New Jersey te wen. Die Engelse voorspeler Cole Palmer het met twee doele geslaag en ʼn derde opgestel vir nuweling João Pedro. Dit het Chelsea die wêreldkampioen-titel besorg ná hul oorwinning in die UEFA-konferensieliga vroeër vanjaar. Palmer, wat as speler van die toernooi aangewys is, sê hulle het twyfelaars verkeer bewys:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 17-rand-94-sent teen die dollar, 20-rand-95-sent teen die euro en 24-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 119-duisend-888-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-356-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 69-dollar-82-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….